Fina se wêreldkampioenskap is gister in Boedapest voortgesit. Van gister se uitslae lyk só:
- Myles Brown het vir die halfeindronde in die 200 m-vryslag vir mans gekwalifiseer, maar kon nie die eindstryd haal nie.
- Chad le Clos het hom onttrek aan die 200 m-vryslag, sodat hy kan fokus op die 100 m- en 200 m-vlinderslag.
Eindrondes:
Vroue se 100 m-vlinderslag
- Sarah Sjostrom (SWE) 55.53
- Emma McKeon (AUS) 56.18
- Kelsi Worrell (VSA) 56.37
Mans se 100 m-borsslag
- Adam Peaty (GBR) 57.47 CR
- Kevin Cordes (VSA) 58.79
- Kirill Prigoda (RUS) 59.05
Mans se 50 m-vlinderslag
- Benjamin Proud (GBR) 22.75
- Nicholas Santos (BRA) 22.79
- Andrii Govorov (UKR) 22.84
Vroue se 200 m- individuele wisselslag
- Katinka Hosszu (HUN) 2:07.00
- Yui Ohashi (JAP) 2:07.91
- Madisyn Cox (VSA) 2:09.71
Op die jongste medaljelys staan sake só:
Gholf
Op die jongste wêreldranglys is Jordan Spieth gemaklik in die tweede plek, ná sy oorwinning in die Britse Ope-gholftoernooi.
Krieket
Die derde toets tussen Engeland en Suid-Afrika begin Donderdag in Londen. Die Proteas sal vanoggend op die Oval oefen, ter voorbereiding van die kragmeting.
Die A-spanne van Suid-Afrika, Indië en Afghanistan sal in die volgende twee weke aan ʼn driehoekige eendagreeks in Pretoria deelneem. Die eerste wedstryd word môre gespeel.
Rugby
Die Superrugbyreeks het met 18 spanne begin waarvan daar nou net vier oor is. Die bepalings vir Saterdag se halfeindstryde lyk só:
- 29 Crusaders vs Chiefs AMI Stadion 09:35
- 29 Lions vs Hurricanes Emirates Airlines Park 14:30
Curriebeker
Die 2017-kompetisie het die naweek afgeskop en die Vrystaatse Cheetahs is die voorlopers op die punteleer.
Motorwedrenne
Die Formule Een Grand Prix-reeks word komende naweek voortgesit wanneer die Hongaarse Grand Prix gejaag word. Op die punteleer is daar net een punt verskil tussen die voorste twee renjaers.
Atletiek
ASA het ʼn nasionale span van 23 atlete gekies om van 4 tot 13 Augustus aan die IAAF se Wêreldkampioenskap in Londen deel te neem. Al vier baanatlete wat by die Rio Olimpiese Spele medaljes gewen het, is ingesluit in die span. Hulle is Wayde van Niekerk vir die 200 m en 400 m, Luvo Manyonga vir verspring, Caster Semenya in die 800 m asook Sunette Viljoen in die spiesgooi. Daar is 17 mans in die span en ses vroue.