Vandag se sportnuus

Swem

  • Daar is reeds vroeg gister ʼn splinternuwe wêreldrekord in die 50 m-borsslag by Fina se wêreldkampioenskap in Boedapest opgestel. Brittanje se Adam Peaty het sy eie wêreldrekord van 26.42 sekondes na 26.10 sekondes verbeter. Cameron van der Burgh het ook in dieselfde item sy eie Afrika-rekord verbeter. Peaty het later die dag in die eindronde weer die 50 m-borsslag-wêreldrekord verbeter en die eerste man ooit geword om dié afstand onder 26 sekondes te voltooi. Sy tyd was 25.95 sekondes.
  • Cameron van der Burgh en Chad le Clos het albei vir hul eindstryde gekwalifiseer: Van der Burgh in die 50 m-borsslag en Le Clos vir die 200 m-vlinderslag.
  • Katie Ledecky het geskiedenis gemaak deur die eerste vrou te word om 12 goue medaljes tydens ʼn wêreldkampioenskap te verower.
  • Kylie Masse van Kanada het ʼn wêreldrekord in die 100 m-vrouerugslag aangeteken. Masse se tyd was 58.10 sekondes.

Op die jongste medaljelys staan sake só:

Krieket

Die derde toets tussen Engeland en Suid-Afrika begin môre op die Oval in Londen.

  • Kagiso Rabada sal sy terugkeer na die Protea-span maak en hoop om weer die Engelse te kasty met die bal.
  • Die Engelse het hul span bekend gemaak vir die kragmeting en daar is drie groentjies in die 14-tal. Dit sluit die Suid-Afrikaners Dawid Malan en Keaton Jennings in.

Die eerste toets tussen Sri Lanka en Indië het vanoggend in Galle begin.

Plaaslik speel die A-spanne van Suid-Afrika en Indië vandag teen mekaar in die eerste wedstryd van die driehoekige eendagreeks. Die wedstryd word in Groenkloof, Pretoria, gespeel.

Volgende bepalings:

Rugby

Die Superrugbyreeks se twee halfeindstryde word Saterdag gespeel. Verlede jaar se eindstryd word op Emirates Park herhaal wanneer die Lions en die Hurricanes mekaar die middag om 14:30 pak. Vroeër die dag speel die Crusaders en die Chiefs teen mekaar.

Curriebeker

Die bepalings vir die week lyk só:

 

Gholf

Die week verskuif die aandag na die volgende toernooie:

  • In Europa begin die Europese Ope môre in Hamburg, Duitsland.
  • In die Amerikaanse reeks slaan die spelers af in die Kanadese Ope in Ontario, Kanada.
  • In Suid-Afrika begin die sogenaamde Wintertoer, wat deel uitmaak van die Sonskynreeks. Die eerste toernooi word by die Highland Gate Gholf-en-Forel- landgoed gespeel.

Atletiek

Nog vier atlete se name is by Span Suid-Afrika gevoeg vir die wêreldkampioenskap in Augustus. Die IAAF het Suid-Afrika genooi om ʼn 4 x 400 m-aflosspan vir vroue te stuur. Justine Palframan, Gena Lofstrand, Zoe Engler en Ariane Nel maak nou deel uit van die 27 atlete in die span.

Motorwedrenne

Die naweek word die Hongaarse Formule Een Grand Prix gejaag. Die res van die seisoen se nege wedrenne lyk só:

Sokker

Ná weke lange bespiegeling het Cristiano Ronaldo bekend gemaak dat hy by Real Madrid gaan aanbly. Ronaldo het die nuus aan ʼn Spaanse koerant oorgedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.