Vandag se sportnuus

Swem

  • Twee Suid-Afrikaners het gister goud gejaag by Fina se wêreldkampioenskap in Boedapest.
    • Chad le Clos het goud gewen in die 200 m-vlinderslag. Sy wentyd was 1 min 53.33 sek. Dit was ʼn emosionele Le Clos wat sy medalje ontvang het. Dit is nadat hy by verlede jaar se Olimpiese Spele net vierde kon eindig.
    • Cameron van der Burgh het die bronsmedalje in die 50 m-borsslag gewen.
  • Die VSA het die wêreldrekord in die gemengde aflos vir die 4 x 100 m-wisselslag verbeter. Hul wentyd was 3 min 40.28 sek.

Op die jongste medaljelys staan sake só:

 

Krieket

Die derde toets tussen Engeland en Suid-Afrika begin vanoggend op die Oval in Londen.

  • Met Kagiso Rababa terug in die snelaanval gaan die Engelse kolwers nog meer getoets word. Suid-Afrika het Engeland vir net 133 in hul tweede beurt op Trent Bridge uitgeboul. Rabada vervang Duanne Olivier.
  • Hasim Amla is die kolwer wat weet hoe om lopies aan te teken op die Oval. Dit is waar Amla in 2012 sy 311 lopies (nie uit nie) aangeteken het.
  • Spel sal om 12:00 Suid-Afrikaanse tyd begin.

Ná dag 1 van die eerste toets tussen Sri Lanka en Indië het sake só gestaan:

Indië het die loot gewen en verkies om te kolf.

Indië               399/3 (90 bb)

Sri Lanka

In die driehoekige eendagreeks vir A-spanne het Suid-Afrika en Indië gister in Pretoria skouers geskuur. Aaron Phangiso en Dwaine Pretorius het puik met die bal gevaar.

Indië A                       152 (41.5 / 50 bb)

Suid-Afrika A            153/8 (37.4 / 50 bb)

Suid-Afrika A wen met 2 paaltjies (met 74 balle oor)

 

Rugby

Die Superrugbyreeks se twee halfeindstryde word Saterdag gespeel.

Curriebeker

Die bepalings vir die week lyk só:

 

Scarra Ntubeni kan ná byna 11 maande op die krukkelys moontlik die naweek sy terugkeer maak vir die WP.

Sewesrugby

Kaartjies vir Kaapstad se Sewesrugbytoernooi sal van môre af by Computicket beskikbaar wees. Vanjaar se toernooi word op 9 en 10 Desember in Kaapstad  aangebied.

Gholf

Drie toernooie begin vandag.

  • In Europa sal 11 Suid-Afrikaners afslaan in die Europese Ope in Hamburg. Dit sluit in Hennie Otto, Charl Schwartzel, Keith Horne, Jbe Kruger en Zander Lombard.
  • In die Amerikaanse reeks slaan die spelers af in die Kanadese Ope in Ontario, Kanada. Ernie Els, Retief Goosen en Rory Sabbatini sal hul staal toon.
  • In Suid-Afrika begin die Wintertoer op die Highland Gate Gholf-en-Forel- landgoed.

Motorwedrenne

Die naweek word die Hongaarse Formule Een Grand Prix gejaag. Die eerste oefenrondes word môre afgehandel. Saterdag gaan die renjaers sake uitspook om die beste posisie op die wegspringrooster te verseker.

Tennis

Twaalf keer Grand Slam-kampioen Novak Djokovic sal die res van die seisoen misloop weens ʼn elmboogbesering.

Sokker

Barcelona het gister ʼn 1-0-oorwinning oor Manchester United behaal. Dit was  tydens hul vriendskaplike Internasionale Kampioeneliga-wedstryd.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.