Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die derde toets tussen Engeland en Suid-Afrika het gister op die Oval in Londen begin. Die loot is deur Engeland gewen wat besluit het om eerste te kolf. Reën het spel ʼn paar keer onderbreek en vroeg laat eindig. Aan die einde van die dag se spel was Engeland op 171 lopies vir die verlies van 4 paaltjies. Alastair Cook was op 82 nie uit nie. Vernon Philander het twee paaltjies vir 17 lopies in 12 beurte platgetrek.
  • Na die tweede dag van die eerste toets tussen Sri-Lanka en Indië staan sake só:

Indië               600 almal uit.

Sri-Lanka      154/5 (44.0 bb)

Sri-Lanka is nog 446 lopies agter met net 5 paaltjies staande.

  • In die driehoekige eendagreeks vir A-spanne speel Afganistan vandag teen Indië in Pretoria.

Volgende bepalings:

Swem

By Fina se wêreldkampioenskap in Boedapest is daar gister vyf finale geswem.

Mans se 100 m vryslag

  1. Caleb Dressel (VSA) 47.17
  2. Nathan Adrian (VSA) 47.87
  3. Mehdy Metella (FRA) 47.89

Mans 200 m individuele wisselslag

  1. Chase Kalisz (VSA) 1: 55.56
  2. Kosuke Hagino (JAP) 1: 56.01
  3. Shun Wang (CHN) 1: 56.28

Vroue 50 m rugslag

  1. Etiene Medeiros (BRA) 27.14
  2. Yuanhui Fu (CHN) 27.15
  3. Aliaksandra Herasimenia (BLR) 27.23

Vroue 200 m vlinderslag

  1. Mireia Belmonte (ESP) 2: 05.24
  2. Franziska Hentke (GER) 2: 05.39
  3. Katinka Hosszu (HUN) 2: 06.02

Vroue 4 x 200 m vryslag-aflos

  1. VSA: 43.39
  2. CHINA (CHN): 44.96
  3. AUSTRALIË: 48.98
  • Chad le Clos sal vanoggend sy aanslag op nog ʼn goue medalje begin wanneer hy aan die 100 m-vlinderslag se uitdunne deelneem.

Op die jongste medaljelys staan sake só:

Rugby

Die Superrugbyreeks se twee halfeindstryde word môre gespeel.

  • Die Crusaders het ʼn onveranderde span aangekondig vir sy tuiswedstryd teen die Chiefs in Christchurch. Die Crusaders jaag sy agtste Superrugby-titel. Die wedstryd begin môre om 09:35.
  • Môremiddag om 14:30 sal die Lions in Johannesburg teen die Hurricanes in die ander halfeind speel. Die Lions sal vir ʼn vierde keer met dieselfde span op die veld draf. In die groepfase het die Lions 15 van hul 16 wedstryde gewen. Die Hurricanes het twee veranderinge aan hul span aangebring. Kaptein Dane Coles is terug op haker en speel in sy 100ste wedstryd. Vince Aso sal weer op senter uitdraf.

Curriebeker

Kom ons loer na die naweek se wedstryde.

Gholf

Drie toernooie se eerste rondes is afgehandel.

In Europa is die fokus op die Europese Ope in Hamburg.

In die Amerikaanse PGA-reeks word die Kanadese Ope in Ontario gespeel.

In Suid-Afrika se Wintertoer op die Highland Gate- gholf-en-forellandgoed lyk die voorlopersbord só:

Motorwedrenne

Dié naweek word die Hongaarse Formule Een Grand Prix gejaag. Lewis Hamilton gaan móre poog om vir die 68ste keer in sy loopbaan die eerste wegspringposisie vir Sondag se wedren te verseker. Hy sal daarmee die rekord van Michael Schumacher ewenaar.

Intussen het Sauber sy planne om in 2018 van ʼn Honda-enjin gebruik te maak laat vaar. Sauber sal binnekort sy nuwe planne bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.