Vandag se sportnuus

Rugby

Die Superrugbyreeks se twee halfeindstryde is afgehandel.

  • Die Crusaders het in Christchurch teen die Chiefs gespeel. Die Crusaders was gans te sterk en seëvier met 27-13.
  • Die Lions het in Johannesburg teen die Hurricanes in die ander halfeind gespeel. Die Lions was skuins voor rustyd met 22-3 agter, maar het fantasties teruggeveg. Hulle teken 41 punte in 44 minute aan en wen die wedstryd met 44-29.

Die eindstryd word komende Saterdag in Johannesburg tussen die Lions en Crusaders gespeel.

Curriebeker

Kom ons loer na die naweek se uitslae. Die Vrystaat is die enigste onoorwonne span in die kompetisie.

Krieket

  • Dit was gister dag 4 van die derde toets tussen Engeland en Suid-Afrika op die Oval in Londen. Die Proteas is met die rug teen die muur en jaag ʼn reuse 492 lopies. Teen uitskeityd het die Proteas op 117/4 gestaan. Dis nog 375 lopies agter met 6 paaltjies staande. Dean Elgar op 72 en Temba Bavuma met 16 lopies sal vandag voortkolf.
  • Die eerste toets tussen Sri-Lanka en Indië is iets van die verlede. Indië het gemaklik gewen.

Indië 600 & 240/3 (verklaar)

Sri Lanka 291 & 245 (teiken: 550)

Indië wen met 304 lopies.

  • In die driehoekige eendagreeks vir A-spanne het Suid-Afrika gister teen Afghanistan gespeel.

Suid-Afrika 336/5 (50 bb) – Reeza Hendricks 173 lopies

Afghanistan 172 (32.2/50 bb) – Tabraiz Shamsi neem 4 paaltjies vir 19 lopies.

Suid-Afrika A wen met 164 lopies.

Volgende bepalings:

Swem

Fina se wêreldkampioenskap in Boedapest het gister ten einde geloop.

  • Chad le Clos kon nie die eindstryd van die 100 m-vlinderslag haal nie. Sy tyd van 51.48 sekondes was slegs die 12de vinnigste tyd wat in die halfeindronde aangeteken was.
  • Caeleb Dressel het gister sy sewende goue medalje by die wêreldkampioenskap verower en daarmee Michael Phelps nagedoen. Phelps het in 2007 sy rekord van sewe goue medaljes aangeteken.

Op die medaljelys het sake só geëindig:

Gholf

Drie toernooie is die naweek afgehandel.

In Europa is die Europese Ope in Hamburg voltooi. Jordan Smith het die titel op die tweede uitspeelputjie gewen.

In die Amerikaanse PGA-reeks is die Kanadese Ope in Ontario gespeel.

In Suid-Afrika se Wintertoer op die Highland Gate Gholf-en-Forel-landgoed lyk die finale voorlopersbord só:

Vrouegholf

Die Skotse Ope vir vroue is gister afgehandel.

Motorwedrenne

Die Hongaarse Formule Een Grand Prix is gister deur Ferrari oorheers. Sebastian Vettel het sy voorsprong op die punteleer na 14 punte vergroot.

Uitslag:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.