Vandag se sportnuus

Krieket

  • Dit was gister die vyfde dag van die derde toets tussen Engeland en Suid-Afrika op die Oval in Londen. Die Proteas het ʼn teiken van 492 lopies gejaag. Dean Elgar en Temba Bavuma het aanvanklik vasgeskop en ʼn vennootskap van 108 lopies opgestapel. Suid-Afrika is uiteindelik almal uit vir 252 lopies. Elgar was voortreflik en het 136 lopies aangeteken van 228 balle. Dit was sy agste honderdtal van sy toetsloopbaan. Engeland loop nou met 2-1 voor in die reeks, met die laaste toets wat Vrydag op Old Trafford in Manchester begin.
  • In die driehoekige-eendagreeks vir A-spanne speel Indië vandag teen Afganistan.

Volgende bepalings:

Rugby

  • Die Superrugbyreeks se eindstryd word komende Saterdag in Johannesburg tussen die Lions en Crusaders gespeel. Die Crusaders het dié titel reeds sewe keer gewen. Alle kaartjies is reeds uitverkoop vir die wedstryd wat Saterdag om 16:00 begin.
  • Intussen het dit bekend geword dat die Springbok en Sharks-losskakel Pat Lambie moontlik in Frankryk gaan rugby speel.

 

  • Curriebeker

Kom ons loer na die jongste punteleer.

Swem

Fina se wêreldkampioenskap het Sondag in Boedapest geëindig. Suid-Afrika kon net twee medaljes inpalm. Die VSA het eerste geëindig.

Medaljelys  

Gholf

Kom ons loer na die jongste wêreldranglys.

Intussen het Rory McIlroy sy joggie JP Fitzgerald afgedank. Hulle was saam toe McIlroy sy vier Majors gewen het en ook die wêreld se no. 1-speler was.

Seniors-reeks

Bernhard Langer het sy derde Britse Ope-titel vir seniors ingepalm. Hy het daarmee die suksesvolste seniors-speler in Majors geword. Langer spog nou met tien Major-titels.

Motorwedrenne

Ná die naweek se Hongaarse Formule Een Grand Prix gaan die spanne vir ʼn paar weke rus. Op die jongste punteleer is Sebastian Vettel nou met 14 punte voor.

Intussen het McLaren aangedui dat hulle in die volgende paar weke sal besluit watter enjin hulle aanstaande seisoen gaan gebruik. Daar is al hoe meer sprake daarvan dat hulle van Honda na Renault gaan skuif.

Sokker

Die 2017-uitgawe van die MTN8-kompetisie sal op Vrydag 11 Augustus afskop. Bidvest Wits sal om 20:00 teen Lamontville Golden Arrows in Johannesburg speel.

Die ander bepalings lyk só:

  • Saterdag 12 Augustus

Cape Town City teen Polokwane City – Kaapstad-stadion (15:00)

Kaizer Chiefs teen SuperSport United – Moses Mabhida-stadion (20:15)

  • Sondag 13 Augustus

Mamelodi Sundowns vs Maritzburg United – Lucas Moripe-stadion (15:00)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.