Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die vierde en laaste toets tussen Engeland en Suid-Afrika begin môre op Old Trafford in Manchester. Die groot vraag is of daar enige veranderinge aan die sukkelende Protea-span gemaak gaan word. Die snelbouler Vernon Philander het gister gesê hy is besig om ‘n “moeilike” week agter hom te sit. Philander herstel van ‘n virusinfeksie wat hom tydens die derde toets gepla het. Engeland loop met 2-1 voor in dié reeks.
  • Die tweede toets tussen Sri-Lanka en Indië begin vandag in Colombo. Indië het die eerste toets gemaklik gewen.
  • In die driehoekige-eendagreeks vir A-spanne speel Suid-Afrika vandag teen Indië in Pretoria. Suid-Afrika het tot dusver al hul wedstryde gewen.

Volgende bepalings:

Atletiek

Alle oë is op Londen gerig waar die IAAF se wêreldkampioenskap môre begin. Usain Bolt sal reeds Saterdag sy 100 m-titel verdedig. Dit sal sy laaste byeenkoms wees voordat hy uitree. In Bolt se loopbaan wat oor 13 jaar strek, het hy 11 wêreldtitels en agt Olimpiese goue medaljes verower. Hy spog ook met die wêreldrekords vir die 100 en 200 meter.

Gholf

  • Die wêreld-gholfkampioenskap se Bridgestone-uitnodigingstoernooi begin vandag in Akron, Ohio. Suid-Afrika se voorste drie spelers sal in aksie wees. Hulle is Branden Grace, Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel.
  • In die PGA-reeks val die kollig op die Barracuda-kampioenskap in Reno, Nevada.
  • Ná die eerste ronde van die Sun City-uitdaging in Suid-Afrika staan sake só op die voorlopersbord:

Moto GP

Die Grand Prix van die Tjeggiese Republiek word Sondag gejaag. Die renjaers sal vandag reeds begin met die eerste oefenrondes. Kwalifisering om die wegspringrooster te bepaal sal Saterdag afgehandel word. Daar is tans net tien punte wat die vier voorste renjaers op die punteleer van mekaar skei. Die voorloper,  Marc Marquez, het gister gesê hy sal tervrede wees as hy Sondag onder die topdrie-ryers kan eindig.

Rugby

  • Die Superrugbyreeks se eindstryd tussen die Lions en Crusaders word Saterdag in Johannesburg gespeel.
  • Die Springbok-groep vir die Rugby-kampioenskap sal Saterdagaand na afloop van die eindstryd bekend gemaak word. Dié groep van 33 spelers sal op 8 Augustus saamtrek vir ’n oefenkamp ter voorbereiding vir die eerste wedstryd teen Argentinië, op 19 Augustus.
  • Michael Hooper is as die Aussies se nuwe kaptein aangewys. Hy neem die leisels oor by Stephen Moore.
  • Curriebeker

Die bepalings vir dié naweek se wedstryde is aangepas om nie te oorvleuel met die Super-eindstryd nie.

Netbal

Die voormalige Protea-netbalkaptein, dr .Elsje Jordaan, is as die hoofafrigter van die nasionale span aangestel. Sy sal dié posisie tot in 2019 beklee wanneer die wêreldbeker in Liverpool aangebied word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.