Tennis
By die Australiese Ope Tennistoernooi in Melbourne lyk gister se uitslae in die kwarteind so! Die wenners dring deur na die halfeindronde.
Mans:
(9) Rafael Nadal (Spa) klop (3) Milos Raonic (Can) 6-4 7-6 (9-7) 6-4
(15) Grigor Dimitrov (Bul) wen teen (11) David Goffin (Bel) 6-3 6-2 6-4
Vroue:
Mirjana Lucic-Baroni (Cro) reken af met (5) Karolina Pliskova (Cze) 6-4 3-6 6-4
(2) Serena Williams (USA) speel klaar (9) Johanna Konta (Gbr) 6-2 6-3
Vandag se halfeindwedstryde lyk so:
Vroue-enkelspel:
CoCo Vandeweghe (VSA) teen Venus Williams (VSA) [13]
Mirjana Lucic-Baroni (CRO) teen Serena Williams(VSA) [2]
In die mans-enkelspel sal Roger Federer (SUI) [17] en Stan Wawrinka (SUI) [4] sake uitspook vir ʼn plek in die eindstryd.
In die gemengde dubbelspel se kwarteind het SA se Raven Klaasen (RSA) en
Michaella Krajicek (NED) pak gekry toe hulle in twee stelle verloor het.
Internasionale krieket
Gisteraand het die Proteas en Sri Lanka mekaar op Nuweland in Kaapstad in die derde en finale T20-wedstryd gepak. Sri Lanka het die wedstryd en die reeks beklink en daarmee geskiedenis gemaak deur hul eerste reeksoorwinning in enige formaat van die spel ooit in Suid-Afrika te behaal.
Die Proteas se boulers (behalwe Imran Tahir) was swak en hul veldwerk nog swakker. Talle vangkanse is deur die Proteas verbrou.
Suid-Afrika 169/5 (20 ov)
Sri Lanka 170/5 (19.5/20 ov)
Sri Lanka wen met 5 paaltjies (met 1 bal oor)
Australië en Pakistan speel vandag in hul vyfde eendagwedstryd in Adelaide teen mekaar. Die Aussies het die loot gewen en kolf eerste.
Engeland en Indië meet kragte in hul eerste T20-wedstryd in Kanpur.
Sunfoil-krieketreeks
Twee meerdagreekswedstryde begin vanoggend:
Knights pak die Warriors in Bloemfontein om 10:00.
En die Titans speel teen die Cape Cobras in Centurion ook om 10:00.
Sewesrugby
Die derde been van die Wêreld-sewesreeks word die naweek in Wellington, Nieu-Seeland, gespeel. Seabelo Senatla benodig net sewe drieë om die Blitsbokrekord van 179 te ewenaar. Die rekord staan agter die naam van die spoedvraat Fabian Juries.
Varsityrugby
Maandag skop die Varsitybeker-rugbyreeks af met vier wedstryde wat gespeel word.
Wits v Shimlas 16:45
FNB Ikeys v Madibaz 18:30
UJ v NWU-Puk 19:00
Tuks v Maties 19:00
Gholf
In die Europese Reeks het die Katar Meesters vanoggend in Doha, Katar, begin.
Tien Suid-Afrikaners is in aksie. Onder hulle is Darren Fichardt, Jaco van Zyl,
George Coetzee, Ernie Els, Dean Burmester en Thomas Aiken.
In Amerika slaan die spelers vandag af in die Farmers Insurance Ope op Torrey Pines in Kalifornië. ʼn Paar groot kanonne uit Suid-Afrika sal hul staal toon.
- Louis Oosthuizen
- Rory Sabbatini
- Brandon Stone
- Retief Goosen
Vrouegholf
Die SA Vroue Ope begin vandag op die San Lameer Buiteklub aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Lee-Anne Pace sal haar titel verdedig.
Sokker
In die Afconbeker is die laaste twee groepwedstryde gister gespeel.
Uganda 1-1 Mali
Egipte 1-0 Ghana
Laasgenoemde spanne dring deur na die kwarteindronde wat vir Saterdag en Sondag geskeduleer is.
Baie dankie vir die langverwagte Sportnuus. 2 Duime op.
Ek stem saam . As ek by die werk gesels is ek ingelig .