Vandag se sportnuus

Rugby

  • SA Rugby het die regering bedank dat hy die finansiële waarborge gelewer het om die 2023 Wêreldbekertoernooi moontlik in Suid-Afrika aan te bied. Die omvang van die waarborge beloop R2,7 miljard.
  • Môre is D-dag vir die 2017 Superrugbyreeks wanneer ʼn nuwe kampioen gekroon gaan word. Die afskop in die eindstryd tussen die Lions en Crusaders is om 16:00 op Emirates Airlines Park in Johannesburg. In 1993 het die destydse Transvaal die kroon gedra toe die eindtelling 20-17 was. ʼn Mens wonder of die 20-17 dalk ʼn voorspelling was vir dié jaar, 2017?

Intussen het Johan Ackermann die Lions-span onveranderd gelaat en dieselfde 23-tal behou wat die Hurricanes met 44-29 getroef het. Die Crusaders-span is ook onveranderd gelaat.

Die Lions-span is:

15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrinck, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronje, 8 Ruan Ackermann, 7 Kwagga Smith, 6 Jaco Kriel (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen

Plaasvervangers: 16 Akker van der Merwe, 17 Corne Fourie, 18 Johannes Jonker, 19 Lourens Erasmus, 20 Cyle Brink, 21 Faf de Klerk, 22 Rohan Janse van Rensburg, 23 Sylvian Mahuza

  • Die Springbok-groep van 33 spelers, vir die Rugby-kampioenskap, sal môre ná die eindstryd bekend gemaak word.
  • Curriebeker

Drie wedstryde word dié naweek afgehandel.

  • Intussen is Sonny Bill Williams se appèl teen sy skorsing deur die onafhanklike dissiplinêre paneel van Wêreld Rugby gehandhaaf. Hy sal dus later die maand in Nieu-Seeland se kampioenskap-kragmeting teen Australië in aksie wees.

Krieket

  • Die vierde en laaste toets tussen Engeland en Suid-Afrika begin vandag om 12:00 op Old Trafford in Manchester. Engeland loop met 2-1 voor in dié reeks.
  • Die tweede toets tussen Sri-Lanka en Indië het gister in Colombo begin.

Aan die einde van die dag het Indië 344/3 ná 90 boulbeurte op die telbord gehad. Cheteshwar Pujara met 128 lopies en Ajinkya Rahane met 103 lopies, kolf vandag voort.

  • In die driehoekige eendagreeks vir A-spanne het Suid-Afrika teen Indië in Pretoria gespeel.

SA 266

Indië 267/9 (49,4/50 ov)

Indië wen met een paaltjie met twee balle oor.

Volgende bepalings:

Atletiek

Die IAAF se wêreldkampioenskap begin vandag. In die enigste eindwedloop vandag sal Stephen Mokoka Suid-Afrika in die 10 000 m verteenwoordig. Die 100 meter vir mans se uitdunne vind ook vandag plaas, met die halfeind- en eindwedlope wat môre gehardloop word.

Moto GP

Die Grand Prix van die Tsjeggiese Republiek word Sondag gejaag. Die renjaers is terug op die baan na hulle sogenaamde somer-ruskans. Die punteleer is baie beknop aan die bopunt:

Gholf

By die Wêreldgholfkampioenskap se Bridgestone-uitnodigingstoernooi in Akron, Ohio, staan sake só na die eerste ronde:

Na die tweede ronde van die Sun City-uitdaging in Suid-Afrika staan sake só:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.