Vandag se sportnuus

Atletiek

Die IAAF se wêreldkampioenskap het gister sy vierde dag beleef.

In die 1 500 m-eindstryd vir vroue het Suid-Afrika se Caster Semenya nie teleurgestel nie. Sy het die bronsmedalje verower na ʼn uitstekende laaste 50 m. Semenya sal later die week in haar gunsteling-item, die 800 m, in aksie wees.

In die 200 m-uitdunne vir mans het Wayde van Niekerk en Akani Simbine vir die halfeind gekwalifiseer. Vandag sal Van Niekerk sy staal toon in die 400 m-eindstryd.

Rugby

  • Curriebeker

ʼn Dubbele ronde word dié week gespeel. Môre en Saterdag word drie wedstryde  op albei dae gespeel. Kom ons bekyk die jongste punteleer.

Rugbybrokkies

SA Rugby het bekend gemaak dat ENB ook een van die Springbokke se nuwe borge sal wees. Hul logo sal op die rug van spelers, net bokant die nommer verskyn.

Die Leeu-speler Akker van der Merwe sal voortaan vir die Haaie uitdraf.

Die gewese afrigter van die Leeus, Johan Ackermann, se seun Ruan gaan ook sy loopbaan in Europa voortsit.

Kwagga Smith is vir vier weke geskors ná sy gevaarlike stamp van ʼn opponent in die eindstryd van Superrugby se eindstryd. Smith het ook ʼn rooikaart vir die insident gekry tydens die wedstryd.

Krieket

Die vierde en laaste toets tussen Engeland en Suid-Afrika op Old Trafford in Manchester is iets van die verlede. Die Proteas het ʼn groot drag slae gekry en is met 177 lopies geklop. Daarmee wen Engeland die reeks met 3-1.

Engeland 362 & 243

SA 226 & 202 (62.5 bb, teiken was 380 lopies)

Engeland wen met 177 lopies.

Die driehoekige eendagreeks vir A-spanne se eindstryd word vandag gespeel. Suid-Afrika en Indië sal sake in Pretoria uitspook.

Tennis

Mansranglys

Vroueranglys

Moto GP

Na die Grand Prix van die Tjeggiese Republiek lyk die punteleer só:

Gholf

Ernie Els sal die week in sy 100ste Major-toernooi afslaan. Dit is wanneer die PGA-kampioenskap in Noord Carolina Donderdag begin.

Wêreldranglys vir mans:

Op die wêreld se vrouegholfranglys is Suid-Afrika se Lee-Anne Pace 86ste.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.