Die IAAF se wêreldkampioenskap het gister sy 6de dag beleef.
Wayde van Niekerk en Akani Simbine het gisteraand aan die 200 m-halfeind deelneem en gemengde welslae behaal.
Medaljes
Rugby
- Springbokrugby
Die Bokslot Eben Etzebeth is as kaptein vir die kampioenskapsreeks aangewys, in die afwesigheid van Warren Whiteley, wat steeds beseer is. Die losvoorspeler Siya Kolisi is die onderkaptein. Etzebeth was ook die kaptein in die laaste drie wedstryde teen die Franse in Junie.
- Curriebeker
Drie wedstryde is gister gespeel.
- Gister se Vrouewêreldbeker-uitslae
Tennis
Van gister se uitslae by die Kanadese Ope, in die ronde van 32, lyk só:
- Mans-enkelspel
Roger Federer klop Peter Polansky met 6-2 en 6-1.
Die ongekeurde Kevin Anderson reken af met die 11de gekeurde Carreño Busta met 6-3 en 7-6.
Gholf
- Die laaste Major van die jaar, die PGA-kampioenskap, begin vandag in Charlotte, in die VSA.
- Ernie Els slaan vandag in sy 100ste Major-toernooi af. Els sal saam met Hideki Matsuya en Ian Poulter op die bof wees.
- Charl Schwartzel bevind hom in die geselskap van Bubba Watson en Paul Casey.
- Louis Oosthuizen is die eerste twee rondes saam met Danny Willett en JB Holmes gegroepeer.
- Sun Carnival City Uitdaging
Krieket
Die derde toets tussen Sri Lanka en Indië begin Saterdag. Indië loop gemaklik met 2-0 voor in dié reeks.
Netbal
Van die uitslae by die Provinsiale Netbaltoernooi in Durban lyk só:
- Senior Afdeling A
Noordwes 40 KZN 35; Vrystaat 55 Oos-Kaap 27; Wes-Kaap 58 Mpumalanga 17; Gauteng 49 Noord-Kaap 28.
- Senior Afdeling B
Limpopo 61 Mpumalanga 27; Gauteng 45 SANF 17; Wes-Kaap 60 Noord-Kaap 4; KZN 51 Royal Bafokeng 25.
Moto GP
Die Grand Prix van Oostenryk word dié naweek gejaag. Die wedren sal op die Red Bull Ring afgehandel word. Op die jongste punteleer is Marc Márquez die voorloper.
Branderski
Jeffreysbaai sal die volgende paar dae in rep en roer wees wanneer die SA Branderski Kampioenskappe aangebied word. Die aksie begin vandag en duur tot Saterdag.
Sokker
Bafana Bafana speel die naweek in hul CHAN-kwalifiseringswedstryd teen Zambië.
Afrigter Stuart Baxter het gister gekla en gesê dis nie nodig dat die CHAN-kwalifisering in dieselfde tyd as die plaaslike liga gespeel word nie.