Die IAAF se wêreldkampioenskap het gister sy sewende dag beleef. Die Suid-Afrikaners het ʼn besige program gehad. Kom ons loer na die suksesvolle uitslae.
200 m-finaal
Caster Semenya en Gena Lofstrand het albei in die 800 m vir vroue vir die halfeind gekwalifiseer. Hulle sal vanaand om 20:35 weer in aksie wees.
In die vroue se 200 m-halfeind kon Justine Palframan van Suid-Afrika nie kwalifiseer vir die finaal nie en het sewende geëindig in 23.21 sekondes.
Medaljes
Curriebekerrugby
- Op die jongste punteleer is die Vrystaat die voorloper.
- Drie wedstryde word môre gespeel.
- Intussen is dit gister bevestig dat die slot, Victor Matfield, die Leeus se nuwe voorspeler-afrigter sal wees.
Tennis
Van gister se uitslae by die Kanadese Ope, in die ronde van 16, lyk só:
- Mans-enkelspel
Kevin Anderson het die kwarteind gehaal ná ʼn oorwinning van
6-4 en 6-1 oor Sam Querrey.
Gholf
- Die PGA-kampioenskap het gister in Charlotte, VSA, begin.
- Die tweede ronde van die Sun Carnival City Uitdaging is gister op Serengeti voltooi.
Krieket
Die derde toets tussen Sri Lanka en Indië begin môre. Indië gaan poog om die telling 3-0 te maak te midde van probleme in die Sri Lanka-kamp. Selfs hul afrigter is reeds vroeër huis toe.
Moto GP
Die Grand Prix van Oostenryk word Sondag gejaag. Die wêreldkampioen Marc Marquez gaan poog om sy derde agtereenvolgende wedren te wen. Verlede jaar kon hy egter net vyfde eindig in dié wedren.
Sokker
Afgesien van Bafana se CHAN-kwalifiseringswedstryd teen Zambië die naweek, is daar ook die MTN 8-kwarteindkragmetings.