Vandag se sportnuus

Atletiek

Suid-Afrika het die afgelope naweek sy beste vertoning nóg by die IAAF se wêreldkampioenskap behaal. Verskeie vooraanstaande atletieklande soos Duitsland, Groot-Brittanje en Australië het onder Suid-Afrika op die medaljeleer geëindig.

Medaljeleer

Gholf

Op die jongste wêreldranglys is Louis Oosthuizen 20ste in die wêreld.

 

Rugby

Die losskakel Handre Pollard sukkel steeds met sy enkelbesering en sal nie die naweek teen Argentinië in aksie wees nie. Hy sukkel reeds sedert April met ʼn enkelbesering en was ook byna die hele 2016 beseer.

Die vaskopstut Frans Malherbe sukkel ook met ʼn seer nek en sal ook Saterdag op die kantlyn wees.

Aaron Cruden sal hom nog vandeesweek by Montpellier aansluit nadat hy ʼn driejaarkontrak met die klub gesluit het. Cruden het die Chiefs net ná die Super-seisoen verlaat.

Curriebekerrugby

  • Robbie Coetzee en Rohan Janse van Rensburg sal albei Vrydag teen die WP kan speel nadat hulle vrygespreek is van ongeoorloofde spel die afgelope naweek.
  • Die Leeus se skrumskakel Dillon Smit sit egter met ʼn gebreekte enkel en Ryan Kankowski sukkel met ʼn liesbesering.
  • Op die jongste punteleer is die Haaie die voorlopers.

 

Tennis

Op die jongste mansranglys gaan Rafa Nadal weer die topspeler in die wêreld wees nadat Roger Federer hom onttrek het aan die Cincinnati Meesterstoernooi.

Krieket

Die derde toets tussen Sri Lanka en Indië het Saterdag begin en Indië het behoorlik met Sri Lanka afgereken. Sri Lanka het met ʼn beurt en 171 lopies pak gekry. Indië wen die reeks gemaklik met 3-0.

Moto GP

Ná die Grand Prix van Oostenryk lyk die punteleer só:

Sokker

Christiano Ronaldo is vir vyf weke deur die Spaanse Sokkerfederasie geskors. Dit volg nadat hy die skeidsregter gestamp het ná afloop van sy rooikaart die naweek. Dit was tydens die wedstryd waarin Real Madrid vir Barcelona met 3-1 geklop het.

Die Engelse Premierliga het die naweek afgeskop en hier is die punteleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.