Vandag se sportnuus

Rugby

Die Springbokspan wat Saterdag teen die Poemas in die Kampioenskapsreeks speel word vandag om 14:00 bekendgemaak.

In die Kampioenskapsreeks word daar Saterdag twee wedstryde gespeel.

Curriebekerrugby

Drie wedstryde word dié naweek afgehandel.

Gholf

  • Die eerste ronde van die PGA reeks se Wyndham-kampioenskap word vandag in Greensboro, Noord-Carolina, gespeel.
  • In die Europese reeks het die eerste ronde van die Fidji- internasionale toernooi vanoggend begin.
  • In Suid-Afrika is die fokus op Arabella in die Wes-Kaap waar die Vodacom-toernooi vanoggend begin het.

Tennis

Van die uitslae by die Cincinnati Meesters lyk só:

Die ongekeurde Frances Tiafoe het verras deur die sewende gekeurde Alexander Zverev met 4-6, 6-3 en 6-4 te klop om deur te dring na die derde ronde.

Tiafoe sal nou teen die 14de gekeurde John Isner te staan kom.

Rafael Nadal, wat nou weer die wêreld se no. 1-speler is, het teen Richard Gasquet in ʼn tweederonde-wedstryd gespeel. Nadal het met 6-4 en 6-3 geseëvier.

Bulgarye se Grigor Dimitrov het Spanje se Feliciano Lopez met 7-6 (7/5) en 6-4 geklop om die derde ronde te bereik.

In die enkelspel vir vroue het die eerste gekeurde Karolina Plíšková in die tweede ronde klaargespeel met N. Vikhlyantseva. Die telling was 6-2 en 6-3.

Krieket

  • Die eerste dag-aand-toets tussen Engeland en die Wes-Indiese Eilande begin later vandag op Edgbaston. Engeland het net een verandering aan sy span aangebring wat Suid-Afrika onlangs geklop het.

Sokker

Cristiano Ronaldo, Lionel Messi en Gianluigi Buffon is al drie benoem as Uefa se speler van die jaar. Die wenner word op 24 Augustus aangewys.

Real Madrid het in die afwesigheid van Cristiano Ronaldo maklik vir Barcelona met 2-0 geklop in die tweede been van die Superbeker-eindstryd. Daarmee wen hul die trofee met ʼn saamgestelde telling van 5-1.

In die plaaslike Premierliga word daar môre een wedstryd gespeel.

Bidvest Wits  v          Cape Town City FC Bidvest Stadion                   20:00

In die Engelse Premierliga word daar Saterdag sewe wedstryde afgehandel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.