Tennis
Ná gister se enkelspelwedstryde in die halfeindronde op die Australiese Ope in Melbourne lyk die uitslae só:
Vroue:
Die twee Williams-susters sal in die eindstryd sake uitspook.
(13) Venus Williams (VSA) klop Coco Vandeweghe (USA) 6-7 (3-7) 6-2 6-3
(2) Serena Williams (VSA) reken af met Mirjana Lucic-Baroni (Kroasië) 6-2 6-1
Mans:
Die eerste halfeindstryd is deur (17) Roger Federer (Switserland) gewen. Hy het sy landgenoot (4) Stan Wawrinka met 7-5, 6-3, 1-6, 4-6 en 6-3 geklop.
In vandag se laaste halfeindwedstryd speel Rafael Nadal (Spanje) [9] teen Grigor Dimitrov (Bulgarye) [15].
Internasionale krieket
Die Proteas en Sri Lanka pak mekaar môre in die eerste van vyf eendagkragmetings op St. Georges-park in Port Elizabeth. Die wedstryd begin om 10:00.
Australië en Pakistan het gister in hul vyfde eendagwedstryd in Adelaide kragte gemeet. David Warner en Travis Head het die hoogste vennootskap nóg in eendagkrieket daargestel, naamlik 284 lopies.
Australië 369/7 (50 bb)
Pakistan 312 (49,1 bb)
Australië wen met 57 lopies en die reeks met 4-1.
Engeland en Indië het kragte gemeet in hul eerste T20-wedstryd in Kanpur.
Indië 147/7 (20 bb)
Engeland 148/3 (18,1/20 bb)
Engeland wen met 7 paaltjies (met 11 balle oor)
Sunfoil-krieketreeks
Twee meerdagreeks-wedstryde het gister begin.
Bloemfontein:
Knights 360/5 (90,1 bb)
Warriors
Centurion:
Titans 114/3 (31 bb)
Cape Cobras
Netbal
Verskeie Wêreldnetbalsterre is van môre tot Dinsdag in Durban in aksie in die vierhoekige reeks tussen Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië en Engeland.
7’s-rugby
Die Blitsbokke is môreoggend in die Wêreld 7’s-reeks in Wellington, Nieu-Seeland, in aksie.
01:09 | SA | v | Japan |
04:33 | SA | v | Australië |
08:18 | SA | v | Fidji |
Varsityrugby
Maandag skop die Varsitybeker-rugbyreeks af met vier wedstryde wat gespeel word.
Wits | v | Shimlas | 16:45 |
Ikeys | v | Madibaz | 18:30 |
UJ | v | NWU-Puk | 19:00 |
Tuks | v | Maties | 19:00 |
Gholf
Na die eerste ronde in die Europese reeks op die Katar Meesters staan sake so:
1 | Bradley Dredge | -8 | F | -8 | 64 | 64 |
2 | Mikko Korhonen | -7 | F | -7 | 65 | 65 |
3 | Graeme Mcdowell | -6 | F | -6 | 66 | 66 |
6 | Jaco Van Zyl | -5 | F | -5 | 67 | 67 |
14 | Ernie Els | -4 | F | -4 | 68 | 68 |
14 | Thomas Aiken | -4 | F | -4 | 68 | 68 |
In die VSA op die Farmers Insurance Ope in Kalifornië is die eerste ronde ook voltooi.
1 | Justin Rose | -7 | F | -7 | 65 | 65 |
2 | Adam Hadwin | -6 | F | -6 | 66 | 66 |
3 | Gary Woodland | -5 | F | -5 | 67 | 67 |
Brad Fritsch | -5 | F | -5 | 67 | 67 | |
Charles Howell III | -5 | F | -5 | 67 | 67 | |
Beau Hossler | -5 | F | -5 | 67 | 67 | |
Trey Mullinax | -5 | F | -5 | 67 | 67 | |
Rory Sabbatini | -2 | F | -2 | 70 | 70 | |
Louis Oosthuizen | -1 | F | -1 | 71 | 71 | |
Retief Goosen | -1 | F | -1 | 71 | 71 |
Vrouegholf
Op die SA Vroue Ope op San Lameer aan die KwaZulu-Natalse Suidkus is die eerste ronde ook gister gespeel.
1 Lee-Anne Pace RSA -6 66
2 Monique Smit RSA -4 68
3 Stacy Bregman RSA -3 69
4 Kiran Matharu ENG -2 70
Sokker
In die Afconbeker word die kwarteindronde wedstryde môre en Sondag gespeel.
En in Engelse ligabeker het Man United die eindstryd gehaal deur vir Hull City met 2-1 te klop.