Vandag se sportnuus

Rugby

Die Springbokspan wat Saterdag teen die Poemas in die Kampioenskapsreeks speel is gister aangekondig. Uzair Cassiem sal op agsteman uitdraf terwyl Curwin Bosch op die bank is as plaasvervanger-losskakel. Coenie Oosthuizen sal die nommer 3-trui dra.

Die volledige Bokspan is:

Andries Coetzee, Raymond Rhule, Jesse Kriel, Jan Serfontein, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Ross Cronje, Uzair Cassiem, Jaco Kriel, Siya Kolisi, Franco Mostert, Eben Etzebeth (kaptein), Coenie Oosthuizen, Malcolm Marx, Tendai Mtawarira.

Plaasvervangers: Bongi Mbonambi, Stephen Kitshoff, Trevor Nyakane, Pieter-Steph du Toit, Jean-Luc du Preez, Francois Hougaard, Curwin Bosch, Damian de Allende.

In die Kampioenskapsreeks word daar môre twee wedstryde gespeel.

Die voormalige Australiese Rugbyliga-speler, Curtis Rona, sal vir die Aussies as vleuel uitdraf en Kurtley Beale op binnesenter.

Die vleuel Emiliano Boffelli sal vir die derde keer die Argentynse trui oor die kop trek. Hy is een van drie veranderinge aan die span.

Curriebeker-rugby

Drie wedstryde word dié naweek afgehandel.

 

Gholf

  • Die eerste ronde van die Amerikaanse PGA-reeks se Wyndham Kampioenskap is voltooi.

 

  • In die Europese reeks het die Fidji Internasionale Toernooi gister begin.
  • Op Arabella in die Wes-Kaap word die Vodacom-toernooi gespeel.

 

Tennis

Van die uitslae by die Cincinnati Meesters lyk só:

  • Jared Donaldson het die kwarteind bereik ná sy oorwinning oor Nikoloz Basilashvili van 6-4 en 7-6.
  • Die eerste gekeurde Rafa Nadal asook die derde gekeurde Dominique Thiem is beide deur na die kwarteind.
  • In die enkelspel vir vroue sal die eerste gekeurde Karolina Plíšková asook tweede gekeurde Simona Halep vandag in aksie wees.

Krieket

  • Die eerste dag-aand-toets tussen Engeland en die Wes-Indiese Eilande het gister op Edgbaston begin. Engeland het besluit om eerste te kolf en aan die einde van die dag was die telbord op 348/3 na 90 boulbeurte. Allister Cook sal vandag voortkolf op 153 lopies. Joe Root het ook ’n honderdtal aangeteken.

Sokker

In die plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel.

In die Engelse Premierliga word daar môre sewe wedstryde afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Callie ·

Glo my. Die rugby standaard het al so gedaal dat daar regtig mense is wat glo dat hierdie die besste span is. Rhule met geen verdediging, Beast al twee jaar verby sy besste, Mbonambie die vyfde beste haker in land, Cassiem nie eers amper op standaard en selfs Oosthuizen vyfde of Sesde besste. All Blacks gaan dit mooi vir ons wys

johnnie ·

Die groot probleem met die bokke is da die liewe Allistair te slim is. Hy leer nie. Hou maar dop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.