Vandag se sportnuus

Tennis

  • Tweemalige naaswenner van die VSA Ope, Victoria Azarenka, het bevestig dat sy haar onttrek aan vanjaar se toernooi. Die rede word aangedui as probleme met die toesigstryd van haar agt maande oue seun.
  • Suid-Afrika het ʼn onveranderde span gekies om in September teen Denemarke in die Davisbekerkompetisie te speel. Lloyd Harris, Nik Scholtz, Raven Klaasen en Ruan Roelofse is die vier lede terwyl Tucker Vorster as oefenmaat ingesluit is. Marcos Ondruska sal deur Jeff Coetzee as afrigter bygestaan word.

Rugby

In die Kampioenskapsreeks word daar Saterdag twee wedstryde gespeel. Die bokke is in Argentinië vir hul tweede wedstryd teen die Poemas.

 

Superrugby

Die hooggeregshof van Nieu-Suid-Wallis het die Western Force verlof toegestaan om teen hul uitsluiting van Superrugby te appelleer. Die saak sal vandag aangehoor word. 

Curriebekerrugby

Drie wedstryde word die naweek gespeel.

 

By die Wêreldbeker vir vroue lyk gister se uitslae só:

Gholf

  • Dié week verskuif die aksie in Europa na die Deense Ope wat môre begin.
  • In die VSA pak die spelers mekaar in die Northern Trust Ope in New York.
  • In Suid-Afrika se wintertoer verskuif die spelers na die Wildekus vir die Sun Wild Coast Sun Uitdaging wat vandag begin.

 

Krieket

  • Indië “A” het ʼn sespaaltjie-oorwinning oor Suid-Afrika “A” behaal in die tweede en laaste vierdagwedstryd in Potchefstroom. Die reeks eindig met een elk gelykop.
  • Suid-Afrika se voormalige kaptein en kolwer, Graeme Smith, sal onder die afrigters wees wanneer die nuwe Internasionale T20-liga in November in Suid-Afrika afskop. Hy sal die Benoni Zalmi-span afrig.

Motorwedrenne

  • Die Moto GP-reeks word dié naweek voortgesit met die Grand Prix van Groot-Brittanje wat gejaag word. Die aksie is op die Silverstone-baan.
  • Kimi Raikkonen sal weer aanstaande seisoen vir Ferrari in die Formule Een-reeks in aksie wees. Die 2007-wêreldkampioen word 38 jaar oud in Oktober. Hy is tans vyfde op die punteleer in 2017.

Sokker

In die plaaslike Premierliga is daar gisteraand drie wedstryde gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Retha Venter ·

Hoekom is dit dat julle nie ook bietjie berig oor die PROTEA NETBAL SQUAD wat aan die QUAD Series gaan deelneem in Australia en New Zeeland en dan ook 2 toetse gaan speel in Fidji … Netbal is die GROOTSTE DAMES SPORT in Afrika en die media vergeet van dit …. komaan Maroela Media … ons sien uit om iets te lees ….. kry die mense opgewonde oor die netball wat Saterdagoggend 09:00 Live uitgesaai gaan word .. SA vs NZ …. komaan komaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.