Vandag se sportnuus

Krieket

AB de Villiers het besluit om te bedank as kaptein van die Proteas se Eendag-span. Faf du Plessis het reeds vroeër as T20- en toetskaptein oorgeneem. AB het hom daartoe verbind om voortaan in al drie formate van die spel vir die Proteas beskikbaar te wees.

 

Plaaslik skop die nuwe krieketseisoen dié naweek af met die derde uitgawe van die Afrika T20-trofee. Daar word elke dag twee wedstryde gespeel.

Die bepalings vir die naweek lyk só:

Netbal

  • Suid-Afrika se Protea Netbalspan speel van Saterdag af in die sogenaamde Quad-reeks teen Australië, Nieu-Seeland en Engeland. Dié vierhoekige reeks word in Australië en Nieu-Seeland aangebied. Die eerste twee wedstryde word Saterdag in Brisbane gespeel. Australië speel teen Engeland en Nieu-Seeland teen Suid-Afrika.

Gholf

  • In Europa begin die Deense Ope vanoggend. Die verdedigende kampioen, Thomas Pieters, wat verlede jaar ’n 65 in die laaste ronde gespeel het, is saam met Thorbjørn Olesen en Renato Paratore gegroepeer vir die eerste twee rondes. 
  • In die VSA, by die Northern Trust Ope in New York, sal vyf Suid-Afrikaners vandag afslaan. Hulle is Charl Schwartzel, Branden Grace, Tyrone Van Aswegen, Louis Oosthuizen en Rory Sabbatini.
  • In Suid-Afrika se wintertoer is die Sun Wild Coast Sun Uitdaging se eerste ronde voltooi.

Rugby

In die Kampioenskapsreeks speel die Bokke Saterdag in Argentinië teen die Poemas. Die wedstryd begin om 21:40 Suid-Afrikaanse tyd.

By die Wêreldbeker vir vroue word die volgende wedstryde Saterdag gespeel:

 

Tennis

  • Die 24-jarige Bernard Tomic sal vir die eerste keer sedert Wimbledon weer aan ’n toernooi deelneem. Tomic het ná sy eerste ronde pakslae op Wimbledon gesê dat tennis vir hom vervelig is. Hy het intussen na nommer 146 in die wêreld teruggesak en het nou aangekondig dat hy wel by die Amerikaanse Ope in aksie sal wees.
  • Intussen het Suid-Afrika se voorste tennisspeler, Kevin Anderson, wat dubbele burgerskap met die VSA het, by sy besluit gebly om nie in die Davisbeker te speel nie. Suid-Afrika speel in September teen Denemarke in ’n Euro/Afrika-sone-kragmeting (Groep 2). Die wenner word na Groep 1 van die Euro/Afrika-sone bevorder.

Motorwedrenne

  • Die Formule Een-reeks word dié naweek hervat ná die spanne se blaaskans. Lewis Hamilton sal aan sy 200ste wedren van sy loopbaan deelneem. Die Belgiese Grand Prix word op die Spa-Francorchamps-baan gejaag. Hamilton is veertien punte agter die voorloper, Sebastian Vettel.
  • Die Moto Grand Prix van Groot Brittanje word Sondag op Silverstone beslis. In die spankompetisie is Honda voor op die punteleer.

Atletiek

Die tweede laaste Diamantliga-byeenkoms van 2017 word vanaand in Zürich aangebied. Akani Simbine sal in die 100 m-mans teen Asafa Powell en Justin Gatlin in die blokke sak. Caster Semenya sal haar staal weer toon in die 800 m vir vroue.

Die ander items waaraan Suid-Afrikaners deelneem is:

Sokker

  • Engeland se rekordhouer van die meeste doele, Wayne Rooney, het bekend gemaak dat hy onmiddellik uit internasionale sokker tree. Die 31-jarige Rooney het 53 doele in 119 wedstryde aangeteken.
  • In die plaaslike Premierliga is daar gisteraand vyf wedstryde gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.