Die Bokspan vir môre se Kampioenskapswedstryd teen die Poemas is gister bekend gemaak. Daar is net een verandering aan die beginspan. Francois Hougaard sal in sy 44ste toets speel en vervang die beseerde Ross Cronjé op skrumskakel. Dié twee spanne het al twee keer in Salta kragte gemeet. In 2014 het die Bokke net-net met 33-31 gewen, terwyl die Poemas in 2016 met 26-24 baas was.
Die bepalings vir môre lyk só:
Curriebekerrugby
Drie wedstryde word die naweek gespeel.
Boks
Boksondersteuners sien al lank uit na oormôre se groot geveg tussen Floyd Mayweather Junior en Conor McGregor. Mayweather gaan poog om sy 50ste agtereenvolgende oorwinning in die bokskryt te behaal, terwyl McGregor vir die eerste keer as professionele bokser in die kryt klim. Die geveg vind vroeg Sondagoggend Suid-Afrikaanse tyd in Las Vegas plaas.
Netbal
Die Protea Netbalspan speel môre teen Nieu-Seeland in die Vierhoekige reeks in Brisbane. Australië speel teen Engeland in die ander kragmeting.
Krieket
Faf du Plessis is aangewys as kaptein van ʼn Wêreld-11-tal wat in drie T20-kragmetings teen Pakistan in September gaan speel. Daar is vyf Suid-Afrikaners in die groep van 14 spelers.
Die Afrika T20-trofee begin vandag met twee wedstryde wat gespeel word.
Die bepalings vir die naweek lyk só:
Motorwedrenne
- Die Belgiese Formule Een Grand Prix word die naweek op die Spa-Francorchamps-baan gejaag. Felipe Massa is fiks verklaar vir die wedren.
Die oefenrondes begin vandag met die kwalifisering wat môre plaasvind. Die hoofwedren sal Sondag afgehandel word.
- Die Moto GP van Groot-Brittanje word Sondag op Silverstone gejaag.
Sokker
- In die Engelse Premierliga lê ʼn besige naweek voor.
Môre se bepalings lyk só:
Gholf
- In Suid-Afrika se wintertoer is die Sun Wild Coast Sun Uitdaging se tweede ronde voltooi.
- In Europa is die Deense Ope se eerste ronde voltooi.
- In die VSA by die Northern Trust Ope staan sake só ná die eerste ronde:
Atletiek
By die Diamantliga-byeenkoms gisteraand in Zürich het Caster Semenya en Luvo Manyonga diamantliga-titels verower.
- Semanya het die 800 m in 1:55.84 gewen.
- In die verspring het Manyonga met ʼn sprong van 8.49 m geseëvier, met sy landgenoot Ruswahl Samaai tweede met 8.31 m.