Vandag se sportnuus

Tennis

Die wêreld se tweede beste speler, Andy Murray, het hom weens ’n heupbesering aan die Amerikaanse Ope ontrek. Dié toernooi is die laaste Grand Slam van die jaar en begin vandag op Flushing Meadows.

 Atletiek

Caster Semenya het gister die wêreldrekord in die 600 meter verbeter ná ’n tyd van 1 minuut 21.77 sekondes. Dit was tydens ’n byeenkoms in Berlyn.

Rugby

Twee wedstryde in die Kampioenskapsreeks is Saterdag gespeel.

Curriebekerrugby

Drie wedstryde is die naweek gespeel.

Boks

Die groot geveg tussen Floyd Mayweather en Conor McGregor het toe gisteroggend plaasgevind. McGregor het die eerste paar rondes gewen, maar daarna het Mayweather oorgeneem en in die tiende ronde met ’n tegniese uitklophou geseëvier. Dit was Mayweather se vyftigste agtereenvolgende oorwinning in die bokskryt.

Netbal

  • Die Protea-netbalspan het teen Nieu-Seeland in die Vierhoekige Reeks in Brisbane gespeel en met 63-56 pak gekry. Australië het teen Engeland in die ander kragmeting gespeel en die Aussies het met 54-50 geseëvier.
  • Gister se Varsity Netbal-uitslae lyk só:

Krieket

  • Indië en Sri-Lanka het in hul derde eendagkragmeting teen mekaar gespeel en Indië het met 6 paaltjies koning gekraai. Indië is nou met 3-0 voor in die reeks van vier wedstryde.
  • In die tweede toets op Headingley tussen Engeland en die Wes-Indiese Eilande is Engeland met hul rug teen die muur.

Engeland                             258 & 171/3 (59 bb)
Wes-Indiese Eilande         427

Engeland is 2 lopies voor met 7 paaltjies staande.

  • Bangladesj en Australië meet kragte in hul eerste toets.

Bangladesj 260
Australië 18/3 (9 bb)

Teen uitskeityd op dag een was Australië met 242 lopies agter met 7 paaltjies staande.

  • Die Afrika T20 Trofee het die naweek afgeskop.

Motorwedrenne

  • Die Belgiese Formule Een Grand Prix is gister gejaag en Lewis Hamilton het sy 200ste-wedren op ’n wennoot afgesluit:
  • Die Moto GP van Groot Brittanje is gister op Silverstone afgehandel.

Gholf

In Suid-Afrika se wintertoer is die Wild Coast Sun Uitdaging voltooi.

 

  • In Europa is die Deense Ope gister afgehandel.
  • In die VSA by die Northern Trust Ope het Dustin Johnson gewys waarom hy die wêreld se nommer een-speler is. Hy het Jordan Spieth op die eerste putjie van die uitspeelstryd geklop.

Sokker

  • In die plaaslike MTN 8-reeks is die eerste been van die halfeindstryde gister gespeel.
  • In die Engelse Premierliga is verskeie wedstryde die naweek gespeel. Van die uitslae lyk só:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.