Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die tweede toets op Headingley tussen Engeland en die Wes-Indiese Eilande is afgehandel. Die Windies het vir ʼn reuseskok gesorg toe hulle Engeland met vyf paaltjies verslaan het.

Engeland 258 & 490 / 8 verklaar

Wes-Indië 427 en 322/5 (teiken: 322)

  • Bangladesj en Australië meet kragte in hul eerste toets. Teen uitskeityd op dag drie was Australië op 109/2 in hul tweede beurt. Die Aussies kort nog 156 lopies vir ʼn oorwinning en hulle het 8 paaltjies staande.

Bangladesj 260 & 221

Australië 217 & 109/2

Tennis

By die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows was albei die eerste gekeurde spelers gister in aksie. Reën het ʼn vroeë einde aan spel gemaak op die tweede dag.

  • Mansenkelspel
  • Vroue-enkelspel

Netbal

  • Die Protea-netbalspan speel vandag in die Vierhoekige reeks teen Australië in Brisbane. Die Suid-Afrikaners het hul eerste wedstryd teen Nieu-Seeland verloor. Engeland en Nieu-Seeland sal vandag in die ander kragmeting sake uitspook.
  • Die tweede ronde uitslae in die Varsity Netbaltoernooi lyk só:

Op die punteleer is Maties en die Madibaz tans eerste en tweede.

 

Rugby

In die Kampioenskapsreeks is die nuus dat die Bokke vir Handré Pollard, Ross Cronje en die veelsydige Dillyn Leyds ingesluit het in hul toergroep na Australasië.

Curwin Bosch, Francois Venter en Jano Vermaak is vrygestel om terug te keer na hul provinsies.

Pro14

Die nuwe twee spanne in die Pro14-reeks, die Cheetahs en die Kings, sal die naweek in hul eerste wedstryde betrokke wees. Die Cheetahs speel teen Ulster terwyl die Kings teen die Scarlets te staan kom.    

Motorwedrenne

  • In die Formule Een-reeks is die fokus die week in Italië waar die hoofwedren Sondag op Monza gejaag word. Intussen het Mick, Michael Schumacher se 18-jarige seun, aangedui dat hy in sy pa se voetspore wil volg en ʼn Formule Een-renjaer word. Mick is tans ʼn Formule Drie-renjaer.

 

  • In die Moto GP-arena is daar die naweek ʼn blaaskans met die volgende wedren wat aanstaande week in San Marino gejaag word.

Gholf

  • In Suid-Afrika is die fokus dié week op Zimbali waar die voorste Wintertoer-spelers byeenkom vir die Vodacom-toernooi.
  • In die Europese-reeks begin die Tsjeggiese Meesters môre.
  • En in die VSA slaan die spelers môre af in die Dell-kampioenskap in Massachusetts. Suid-Afrika se top drie spelers sal in aksie wees. Hulle is Charl Schwartzel, Louis Oosthuizen en Branden Grace.

Sokker

Bafana Bafana het sy voorbereidings hier op plaaslike bodem afgesluit vir Vrydag se Fifa Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd teen die Kaap Verdiese Eilande. Die span het gister reeds na die buiteland vertrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.