Vandag se sportnuus

Tennis

Dit was gister die derde dag van die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows.

  • Mansenkelspel

Kevin Anderson het sy tweede ronde wedstryd gemaklik in drie stelle gewen. Hy het Ernest Gulbis met 6-3, 7-5 en 6-4 geklop.

Die vierde gekeurde Alexander Zverev is egter uitgeskakel. Daar was eerste ronde oorwinnings vir die vyfde gekeurde Marin Cilic asook die sesde gekeurde Dominic Thiem.

  • Vroue-enkelspel

Van die vroue wat oorwinnings behaal het sluit in die derde gekeurde Garbine Muguruza, die vierde gekeurde Elina Svitolina asook die negende gekeurde Venus Williams. Die ongekeurde Maria Sharapova het ook haar wenlopie voortgesit. 

Netbal

  • Die Protea-netbalspan het gister in die Vierhoekige reeks teen Australië in Brisbane gespeel. Die Aussies het hul rekord van 54 jaar gestand gedoen en die Proteas met 58-52 geklop. Die verskil van ses doele is egter die kleinste verskil in 50 jaar.
  • In die ander kragmeting in dié toernooi het Engeland vir Nieu-Seeland met 49-45 geklop.

Krieket

Krieket Suid-Afrika het aangekondig dat die Wes-Indiese speler Ottis Gibson voortaan die hoofafrigter van die Proteas sal wees. Dit sal geld vir al drie formate van die spel. Sy kontrak sal in middel-September begin en tot ná die Wêreldbeker in 2019 duur. Russell Domingo sal die SA “A”-span afrig.

 

Nog ʼn bekende krieketland het pak gekry op die toetsveld.

  • Eergister het die Windies vir ʼn reuseskok gesorg toe hulle Engeland met vyf paaltjies in die tweede toets verslaan het.
  • Gister was dit die beurt van Bangladesj om vir Australië met 20 lopies te klop.

Bangladesj    260 & 221

Australië        217 & 244 (in 70.5 bb met ʼn teiken van 265)

Shakib Al Hasan het in albei beurte vyf paaltjies platgetrek.

Rugby

  • Pro14

Daar word sewe wedstryde dié naweek gespeel.

  • Curriebeker

Die bepalings vir dié naweek is as volg:

Motorwedrenne

  • Die Italiaanse Formule Een Grand Prix word Sondag op Monza gejaag. Op die punteleer is daar tans net sewe punte verskil tussen Sebastian Vettel en Lewis Hamilton. Vettel was die laaste twee jaar op die podium en sal op Ferrari se tuisbaan dié prestasie wil herhaal. Die eerste oefenrondes word môre gejaag.

Gholf

  • In Suid-Afrika het die eerste ronde van die Vodacom-toernooi op Zimbali vanoggend begin. Desne van den Bergh, Jaco Mouton en Tyrone Ryan was eerste op die bof.
  • In die Europese reeks begin die Tsjeggiese Meesters vanoggend met tien Suid-Afrikaners wat in aksie is. Dit sluit spelers in soos Dylan Fritelli, Dean Burmester en Haydn Porteous.
  • En in die VSA begin die Dell-kampioenskap ook vandag in Massachusetts. Net drie Suid-Afrikaners is daar in aksie.

 

Sokker 

Die fokus is die week op Fifa se Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.