Vandag se sportnuus

Tennis

Die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows het gister sy vierde dag van kompetisie beleef.

  • Mans-enkelspel

Tweede ronde

Suid-Afrika se Kevin Anderson sal vandag teen Borna Coric speel vir ʼn plek in die laaste 16. Coric het die vierde gekeurde Alexander Zverev uitgeskakel. 

  • Vrou-enkelspel

Tweede ronde

Netbal

Die Vierhoekige reeks in Australasië word die naweek in Nieu-Seeland voortgesit.

 Atletiek

Die finale been van die IAAF se Diamantliga-reeks vind vanaand in Brussel plaas. Die hekkieloper Wenda Nel is die enigste Suid-Afrikaner wat in akie sal wees. Haar 400 m-hekkieswedloop is om 20:03 vanaand.

Rugby

  • Pro14

Suid-Afrika se twee spanne in die nuwe Pro14-kompetisie sal albei die naweek in hul eerste wedstryde in aksie wees.

 Curriebeker

Die tweede helfte van die Curriebekerkompetisie begin die naweek met drie wedstryde wat gespeel word. Die Stormers het ʼn loslootjie.

Laasgenoemde twee spanne beklee tans die eerste twee plekke op die punteleer. Albei het vyf van hul ses wedstryde gewen.

Motorwedrenne

  • Die Italiaanse Formule Een Grand Prix se eerste oefenrondes word vandag op Monza gejaag. Môre sal die kwalifisering plaasvind wat die wegspringrooster vir Sondag sal bepaal.

Gholf

  • In Suid-Afrika is die eerste ronde van die Vodacom-toernooi op Zimbali voltooi:

  

  • In die Europese reeks staan sake só ná die eerste ronde:

 

  • En in die VSA by die Dell-kampioenskap in Massachusetts word die eerste ronde vandag gespeel.

 Krieket

Sri-Lanka en Indië het gister in hul vierde Eendagwedstryd kragte gemeet.

Indië          375/5
Sri Lanka      207
Indië wen met 168 lopies

Sokker

Die fokus is dié week op Fifa se Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde. In Europa het Frankryk vir Nederland met 4-0 geklop.

Twee wedstryde is in die Afrika-sone gespeel:

Die tweede been van dié kwalifiseringstryd waarby Suid-Afrika betrokke is, word Dinsdag in Durban afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.