Vandag se sportnuus

Tennis

Die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows se eerste week is iets van die verlede. Gister se vierderonde-uitslae lyk só:

  • Mans-enkelspel

Suid-Afrika se Kevin Anderson het weer geseëvier en is deur na die kwarteindronde.

  • Vrou-enkelspel

In die laaste 16 lyk die uitslae só:

Netbal

Die Vierhoekige reeks in Australasië is gister in Nieu-Seeland voortgesit en die Proteas het ʼn uitstekende oorwinning oor Engeland behaal

Atletiek

Die finale been van die IAAF se Diamantliga-reeks is in Brussel afgehandel. Die hekkieloper Wenda Nel was die enigste Suid-Afrikaner in aksie.

Vroue 400 m-hekkies

Rugby

  • Pro14

Sewe wedstryde is die naweek gespeel.

  • Curriebeker

Drie Curriebekerwedstryde is die naweek afgehandel.

Motorwedrenne

  • Die Italiaanse Formule Een Grand Prix is gister op Monza gejaag en Lewis Hamilton het nie net gewen nie, maar ook die voortou op die punteleer geneem.

Krieket

Sri-Lanka en Indië het in hul vyfde en laaste Eendagwedstryd kragte gemeet en Indië het die reeks met 5-0 verower.

Sri Lanka       238     (49.4 / 50 bb)

Indië               239/4 (46.3 / 50 bb)

Indië wen met 6 paaltjies met 21 balle oor.

Gholf

  • In Suid-Afrika is die Vodacom-toernooi op Zimbali voltooi:
  • In die Europese reeks is die Tsjeggiese Ope afgehandel en Suid-Afrika se Haydn Porteous het sy tweede Europese titel verower.
  • En in die VSA lyk die Dell-kampioenskap se voorlopersbord ná die derde ronde só:

Sokker

By Fifa se Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde het Bafana Bafana teen die span van die Kaap Verdiese eilande gespeel en pak gekry. Suid-Afrika het met 2-1 verloor.

Die tweede been van dié kwalifiseringstryd word môre in Durban afgehandel.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.