Vandag se sportnuus

Tennis

Dit gons steeds in die sportwêreld oor Suid-Afrika se Kevin Anderson wat die halfeind van die Amerikaanse Ope bereik het. Die 28ste gekeurde Anderson het vir  Sam Querrey van die VSA in ʼn rillerstryd met 7-6, 6-7, 6-3 en 7-6 geklop. Anderson sal in die halfeind teen die 12de gekeurde Pablo Carreno Busta speel, vir ʼn plek in die eindstryd.

Die laaste kwarteindstryde se uitslae lyk só:

  • Mans-enkelspel
  • Vroue-enkelspel

 

Rugby

Kom ons loer na die bepalings vir dié naweek:

  • Kampioenskapsreeks
  • Curriebeker

Curwin Bosch sal op losskakel vir die Haaie uitdraf en Garth April as heelagter.

Ross Geldenhuys sal ook in die voorry sy plek inneem.

  • Pro14
  • Sewesrugby

DJ Forbes, die speler wat die meeste seweswedstryde in die wêreld gespeel het, het sy uittrede aangekondig. Forbes het in 512 Wêreldreeks-wedstryde gespeel en 153 drieë gedruk.

Gholf

  • In die Sonskynreeks is die eerste ronde van die Sun Fish River Sun Uitdaging in die Oos-Kaap voltooi.

 

  • In die Europese reeks slaan die spelers vandag af in die Europese Meesterstoernooi in Switserland. Dit sluit die Suid-Afrikaners in soos Jbe Kruger, Dean Burmester, Darren Fichardt asook verlede week se wenner, Haydn Porteous.

Motorwedrenne

  • Moto GP

Die San Marino Moto GP se oefenrondes begin môre met die hoofwedren wat Sondag gejaag word. Marc Marquez sal alles in die stryd werp om sy nege-punte-agterstand uit te wis. Andrea Dovizioso is die voorloper in die reeks.

Krieket

  • Dag drie van die tweede toets tussen Bangladesj en Australië is afgehandel. Australië het teen uitskeityd op 377/9 (118 bb) gestaan. Dis in antwoord op Bangladesj se 305 lopies in hul eerste beurt. Dit gee aan die Aussies ʼn voorsprong van 72 lopies met een paaltjie staande.
  • Sri-Lanka en Indië het in hul een T20-wedstryd kragte gemeet. Indië het weer koning gekraai.

Sri Lanka       170/7 (20 bb)

Indië               174/3 (19.2/20 bb)

Indië wen met 7 paaltjies (met 4 balle oor)

  • Engeland en die Wes-Indiese Eilande pak mekaar vandag op Lords in die derde en beslissende toets van hul reeks. Die reekstellings is tans een elk.

Kanovaart

Die Wêreldmarathonkampioenskap begin vandag in Pietermaritzburg en duur tot Sondag. Altesaam 26 lande sal in aksie wees. Daar word veral goeie vertonings van Hongarye en Suid-Afrika verwag.

Sokker

Sake wil maar net nie vlot verloop vir Bafana Bafana nie. Fifa het opdrag gegee dat die Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd tussen Suid-Afrika en Senegal van November 2016 oorgespeel moet word. Dit is nadat die skeidsregter lewenslank geskors is weens wanoptrede nadat hy die uitslag beïnvloed het. Suid-Afrika het die wedstryd met 2-1 gewen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.