Die Amerikaanse Ope se eindwedstryde is die naweek afgehandel.
- Mans-enkelspel:
Rafael Nadal het sy derde Amerikaanse Ope-titel en 16de Grand Slam verower. Nadal het Suid-Afrika se Kevin Anderson met 6-3, 6-3 en 6-4 in die eindstryd geklop.
- Vroue-enkelspel:
Die ongekeurde Sloane Stephens (VSA) klop (15) Madison Keys (VSA) met 6-3 en 6-0 om as kampioen gekroon te word.
Rugby
Kom ons loer na die naweek se uitslae:
- Kampioenskapsreeks
Coenie Oosthuizen het sy arm in dié wedstryd gebreek en word vervang deur die WP se Wilco Louw.
- Curriebeker
- Pro14
Netbal
Die Varsitybeker-reeks se vierde ronde is gister gespeel.
Gholf
- In die Sonskynreeks is die Sun Fish River Sun Uitdaging in die Oos-Kaap voltooi.
- In die Europese reeks het sake ná die derde uitspeelputjie by die Europese Meesters in Switserland só geëindig.
Motorwedrenne
- Moto GP
Die San Marino Moto GP is gister gejaag.
Krieket
Engeland en die Wes-Indiese eilande het mekaar op Lords in die derde en beslissende toets van hul reeks gepak. Engeland het die wedstryd met nege paaltjies gewen en die reeks met 2-1 verower. James Anderson is nou die voorste bouler in die wêreld nadat hy sewe paaltjies in dié toets platgetrek het. Engeland se reeksoorwinning beteken hy is nou derde op die toetsranglys. Indië is eerste en Suid-Afrika tweede.
Kanovaart
Hank McGregor het saam met sy spanmaat, Jasper Mocké, die K2- goue medalje by die Wêreld-marathonkampioenskap in Pietermaritzburg verower. Dit was McGregor se10de wêreldtitel van sy loopbaan.
Sokker
- Die tweede been in die halfeindstryd van die MTN8-reeks is die naweek gespeel. Cape Town City het Wits met 2-1 geklop en op ʼn saamgestelde telling van 3-1 na die eindstryd deurgedring. In die ander halfeind is Maritzburg United met 2-0 deur SuperSport United geklop.
- In die Engelse Premierliga is daar verskeie wedstryde gespeel.