Vandag se sportnuus

Netbal

Op die Varsitybeker-punteleer staan sake na die vyfde ronde só:

Gholf

  • Op die PGA-toer word die BMW Kampioenskap dié week gespeel. Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel sal hul staal toon.
  • In die Europese reeks is die fokus op die KLM Ope. Van die 11 Suid-Afrikaners wat afslaan, sluit in Dylan Frittelli, Dean Burmester, Haydn Porteous en Darren Fichardt.
  • Op die LPGA-toer word die Evian Kampioenskap gespeel. Lee-Anne Pace sal Suid-Afrika verteenwoordig.

Motorwedrenne

  • Formule Een

Die fokus is vandeesweek op die Singapoer Grand Prix wat Sondag gejaag word. Die wedren is ʼn straatren deur dié eiland se hoofstrate. Op die punteleer is Lewis Hamilton in sy Mercedes op 238 punte. Dit is net drie punte voor Sebastian Vettel wat in sy Ferrari op 235 staan.

Krieket

  • Pakistan het gister teen ʼn Wêreld-elftal in die eerste van drie T20-kragmetings in Lahore gespeel.

Pakistan        197/5

Wêreldtal       177/7

Pakistan wen met 20 lopies.

  • Plaaslik het Momentum aangekondig dat hy Eendagkrieket se borg bly vir die volgende vyf jaar. Hy borg ook Suid-Afrika se vrouekrieketspan.

Rugby

  • Patrick Lambie het volgens die Haaie se dokter, Alan Kourie, herstel van sy twee harsingskuddingvoorvalle op die rugbyveld. Lambie gaan sy loopbaan by die Franse Klub Racing 92 voortsit nadat hy vroeër van sy Bok- asook Haaiekontrak vrygestel is.
  • Springbokflank Jaco Kriel is op pad huis toe nadat hy ʼn skouerbesering teen die Aussies opgedoen het. Vroeër het Coenie Oosthuizen die vliegtuig terug huis toe gehaal nadat hy sy arm gebreek het. Die Bokke speel Saterdag teen die All Blacks.
  • Die Britse en Ierse Leeuskaptein, Sam Warburton, sal die eerste vier maande van die Europese seisoen misloop nadat sy nekbesering weer eens kop uitgesteek het.

Tennis

Die kaptein van Suid-Afrika se Davisbekerspan, Marcos Ondruska, het gister gesê die span is goed voorberei vir die naweek se kragmeting teen Denemarke. Die tweestryd begin Vrydag en word binnenshuis gespeel.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is vyf wedstryde gisteraand afgehandel.

Vanaand word ʼn verdere twee wedstryde gespeel.

  • In die Eufa Kampioeneliga is agt wedstryde gisteraand gespeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.