Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Bokspan vir Saterdag se Kampioenskapswedstryd teen die Kiwi’s is bekend gemaak. Franco Mostert en Jean-Luc du Preez is terug in die beginspan. Pieter-Steph du Toit skuif na die bank terwyl Du Preez die beseerde Jaco Kriel vervang. Ruan Dreyer is die derde verandering aan die beginspan. Hy vervang die beseerde Coenie Oosthuizen. Die res van die span is onveranderd en saam het die groep spelers 300 toetse agter die blad.
  • Vir Nieu-Seeland sal Kane Hames in die voorry sak. Hy vervang die beseerde Joe Moody. Liam Squire en Sam Cane is ingesluit as losvoorspelers en Sam Whitelock op slot. Agterlangs maak Rieko Ioane sy terugkeer in die no. 11-trui en Ryan Crotty speel senter. Aaron Smith is die skrumskakel.
  • Curriebeker-bepalings

Drie Bulle is beseer en sal nie teen die Leeus speel nie. Hulle is die haker Jaco Visagie, die senter Dries Swanepoel en die vleuel Jamba Ulengo.

  • Pro14-bepalings

Krieket

  • Pakistan het gister teen ʼn wêreld-elftal in hul tweede van drie T20- kragmetings in Lahore gespeel.

Pakistan                    174/6 (20 bb)

Wêreld-elftal                         175/3 (19.5/20 bb) Hashim Amla het 72 van 55 balle gemoker. Wêreld-elftal wen met 7 paaltjies (met 1 bal oor). Die reekstelling is nou een elk.

Gholf

  • In Amerika slaan die spelers vandag af in die BMW Kampioenskap by Lake Forest in Illinois.
  • In die Europese reeks is die fokus op die KLM Ope. Elf Suid-Afrikaners is in aksie.
  • Op die LPGA Toer word die Evian-kampioenskap gespeel. Lee-Anne Pace sal Suid-Afrika verteenwoordig.
  • In die Sonskynreeks is die eerste ronde van die Sun Boardwalk-uitdaging in Humewood in Port-Elizabeth voltooi.

Motorwedrenne

  • Formule Een
  • Die Singapoer Grand Prix se hoofwedren word Sondag gejaag. Die eerste oefenrondes vind môre plaas met die kwalifisering wat Saterdag afgehandel  word.
  • Intussen is wedren-ondersteuners bekommerd oor die toekoms van Moto GP asook Formule Een-wedrenne op Silverstone. Dit kom nadat dié baan se naam weggelaat is op gister se voorlopige kalender vir wedrenne in 2018.

Tennis

  • Suid-Afrika speel van môre af teen Denemarke in die Davisbeker-kompetisie. Spel strek oor drie dae. Die Suid-Afrikaanse span bestaan uit die enkelspelspelers Nik Scholtz en Lloyd Harris asook die dubbelspelspelers Raven Klaasen en Ruan Roelofse.

Kanovaart

  • Die 2017 Breederivier-kanomarathon vind komende Saterdag en Sondag plaas. Die marathon strek van Bonnievale tot Swellendam plaas. Die roete is verander en die marathon is verkort as gevolg van die lae watervlak van die rivier.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gisteraand afgehandel.
  • In die Eufa Kampioene-liga is agt wedstryde gisteraand gespeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.