Vandag se sportnuus

Rugby

  • Twee wedstryde word môre in die Kampioenskapsreeks gespeel. ʼn Groot slag het die Bokspan getref toe die skrumskakel, Ross Cronje, hom onttrek het aan die span weens ʼn maagaandoening. Hy word vervang deur Francoise Hougaard, terwyl Rudy Paige op die bank sal wees.

Môre se bepalings:

  • Curriebeker-bepalings
  • Pro14-bepalings

Krieket

  • Pakistan speel vandag in die derde en laaste T20-kragmeting teen ʼn Wêreld-elftal in Lahore. Die reekstelling is tans een elk.

Gholf

  • In Amerika is die eerste ronde van die BMW Kampioenskap by Lake Forest in Illinois voltooi.
  • In die Europese reeks staan sake só by die KLM Ope.

  • Op die LPGA Toer is die eerste ronde van die Evian Kampioenskap gekanselleer weens swak weer.
  • In die Sonskynreeks is die tweede ronde van die Sun Boardwalk Uitdaging op Humewood in Port Elizabeth voltooi.

 

Motorwedrenne

  • Die Singapoer Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Sebastian Vettel is die gunsteling in sy Ferrari, op ʼn baan wat kort draaie het en ʼn wedren wat onder spreiligte gejaag word.

Tennis

  • Suid-Afrika speel en Denemarke pak mekaar vandag in die Davisbeker-kompetisie. Die eerste enkelspelwedstryde word vandag gespeel.

Kanovaart

  • Die 2017 Breederivier Kanomarathon word môre en Sondag beslis. Die roete is verkort weens die langdurige droogte.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga word daar vandag twee wedstryde afgehandel.
  • In die Engelse Premierliga lyk die naweek se bepalings só:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.