Vandag se sportnuus

Rugby

  • Twee wedstryde is in die Kampioenskapsreeks gespeel. Die Bokke is met ʼn rekordtelling deur die All Blacks getroef.

 

 

  • Curriebeker-uitslae:

 

 

  • Sewesrugby

Suid-Afrika se vrouespan het vir die Wêreldbeker gekwalifiseer nadat hulle die Afrika-toernooi in Tunisië gewen het.

  • Pro14-uitslae:

 

Krieket

  • Pakistan het die derde en laaste T20-kragmeting teen ʼn Wêreld-elftal in Lahore gewen en ook die reeks met 2-1 verower.
  • Die Wes-Indiese Eilande het Engeland in hul enigste T20-wedstryd met 21 lopies geklop.
  • Gister het Indië en Australië in hul eerste eendagwedstryd gespeel. Indië het met 26 lopies gewen.
  • Intussen het die Protea-speler, JP Duminy, sy uitrede uit eersteklas- sowel as toetskrieket aangekondig. Duminy het Suid-Afrika in 46 toetse verteenwoordig.

Gholf

  • In Amerika is die BMW Kampioenskap by Lake Forest in Illinois voltooi.

 

  • In die Europese reeks het sake só geëindig by die KLM Ope.
  • Op die LPGA-toer is die Evian Kampioenskap met ʼn valbylstryd beslis.
  • In die Sonskynreeks is die Boardwalk Uitdaging op Humewood in Port Elizabeth voltooi.

 

Motorwedrenne

  • Die Singapoer Formule Een Grand Prix is gister op ʼn nat baan gejaag. Sebastian Vettel en sy Ferrari-spanmaat, Kimi Raikkonen, was albei in die eerste ronde in ongelukke betrokke en moes tou opgooi. Lewis Hamilton het eerste geëindig en sy voorsprong op die punteleer vergroot.

Tennis

  • Suid-Afrika en Denemarke het mekaar in die Davisbeker-kompetisie in Denemarke gepak.
    • Ná Vrydag se enkelspelwedstryde was die telling 1-elk. 1-Frederik Nielson (DEN) klop 2-Nik Scholtz (RSA) 6-4, 6-2 en 6-3. 2-Benjamin Hannestad (DEN) verloor teen 1-Lloyd Harris (RSA) 6-7, 0-6 en 5-7.
    • Ná Saterdag se dubbels was Suid-Afrika met 2-1 voor. Thomas Kromann / Frederik Nielsen (DEN) verloor teen Raven Klaasen / Ruan Roelofse (RSA) 3-6 0-6 en 4-6.
    • Sondag het Suid-Afrika die stryd beklink ná die eerste omgekeerde enkelspelwedstryd. 1-Frederik Nielson (DEN) verloor teen 1-Lloyd Harris (RSA) 1-6, 6-1, 4-6 en 3-6.
  • Frankryk het sy plek in die eindstryd van die Davisbeker bespreek met ʼn oorwinning oor Serwië. Die span sal teen België of Australië in die eindstryd speel.

Kanovaart

  • Die 2017 Breederivier Kanomarathon is die naweek beslis. Stu Maclaren het ʼn ongewone rekord opgestel deur die 50ste Breederivier Kanomarathon saam met drie verskillende spanmaats in drie jaar te wen.

Netbal

Die sesde ronde van die Varsitybekerreeks word vandag gespeel.

Sokker

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KLEINTJIE ·

Ek dink nog die Nieu-Seelanders is nie so goed nie.
Net hulle was op die veld en hulle kon net 57 punte kry, wat as die bokke ook op die veld was

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.