Vandag se sportnuus

Netbal

Die sesde ronde van die Varsitybekerreeks is gister gespeel.

Rugby

  • Ná die naweek is die All-Blacks is nou gemaklik voor in die Kampioenskap-reeks.
  • Handré Pollard en Damian de Allende is deel van die sewe Bokke wat vrygestel is om komende naweek Curriebeker-rugby te speel. Die ander vyf is Dillyn Leyds, Wilco Louw, Chiliboy Ralepelle, Dan du Preez en Rudy Paige.
  • Curriebeker

Op die jongste punteleer is die Haaie gemaklik voor.

Sewesrugby

Suid-Afrika se vrouespan het vir die Wêreldbeker gekwalifiseer nadat hulle die Afrika-toernooi in Tunisië gewen het. Suid-Afrika het in die eindstryd vir Kenia met 17-12 geklop.

  • Pro-14

Die Cheethas is nou vyfde in hul konferensie ná hul goeie oorwinning die naweek.

Konferensie A

Konferensie B

Krieket

  • Engeland en die Wes-Indiese Eilande speel vandag in hul eerste eendagkragmeting teen mekaar. Chris Gayle is ook in aksie.
  • Drie wedstryde begin vandag in die Sunfoil-meerdagreeks.
  • Aiden Markram is aangewys as die Titans se kaptein vir die Sunfoil-reeks. Markram vervang Henry Davids wat die tuig ná vyf seisoene neerlê.
  • Die snelbouler Kagiso Rabada sal vir die eerste keer in twee jaar terug wees in die Lions se span vir hul wedstryd teen die Warriors.

Gholf

  • Op die jongste mansranglys is Dustin Johnson steeds die voorste speler.

  • Op die vroueranglys staan sake só:

 

Motorwedrenne

  • Valentino Rossi kan moontlik komende naweek in die Moto GP van Spanje in aksie wees. Dis net drie weke nadat hy sy been gebreek het.
  • Ná die Singapoer Formule Een Grand Prix het Lewis Hamilton nou ʼn stewige voorsprong.

 

Tennis

  • ATP het aangekondig dat hy in Milaan vir die eerste keer van elektroniese lynregters gebruik gaan maak. Dit beteken dat die skeidsregter die enigste beampte op die baan sal wees.
  • Suid-Afrika het na sy oorwinning oor Denemarke in die Davisbeker-kompetisie verseker dat hy bevorder word na die Euro/Afrika Groep 1-kompetisie. Suid-Afrika het die Dene met 3-1 geklop.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga lyk die punteleer só:
  • In die Engelse Premierliga is die twee spanne van Manchester los voor:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.