Vandag se sportnuus

Netbal

Ná die sesde ronde van die Varsitybekerreeks is die Pukke boaan die punteleer.

Krieket

  • Engeland en die Wes-Indiese Eilande het gister in hul eerste eendagkragmeting teen mekaar gespeel. Die wedstryd is verkort na 42 boulbeurte nadat reën vroeg uitgesak het.

Windies 204/9 (42 bb)

Engeland 210/3 (30.5/42 bb)

Jonny Bairstow slaan 100 lopies nun.

Engeland wen gemaklik met 7 paaltjies met nog 67 balle oor.

  • Drie wedstryde het gister in die Sunfoil-meerdagreeks begin.
  • Bloemfontein

Cape Cobras 159

Knights 180/1 (43 bb)

Uitskeityd: Knights is voor met 21 lopies met 9 paaltjies staande.

  • Johannesburg

Warriors 269/4 (84 bb)

Lions

  • Centurion

Titans 373/6 (96 bb)

Dolphins

  • Intussen het KSA aangekondig dat die puntesisteem vir meerdag-krieket aangepas word. Die aantal punte vir die wen van ʼn wedstryd word onder meer van 15 na 16 verhoog.
  • Krieket Suid-Afrika het gister die Proteas se nuwe afrigter, Ottis Gibson, amptelik verwelkom. Dis net voordat ʼn besige seisoen volgende week afskop. Sy eerste groot kopseer is die beserings aan verskeie van Suid-Afrika se topboulers.

Rugby

  • Kampioenskapsreeks

Nog slegte nuus het die Bokkamp getref. Die flank Jaco Kriel het gister ʼn skoueroperasie ondergaan en hy sal vir ses maande buite aksie wees. Kriel het sy skouer ernstig in die wedstryd teen die Aussies in Perth beseer.

  • Pro14

Dit lyk asof Kurt Coleman gereed sal wees om sy plek as losskakel in te neem vir die Kings se wedstryd Saterdag teen Zebre. Die wedstryd word in Port Elizabeth gespeel.

  • Sewesrugby

Dylan Sage en Siviwe Soyizwapi, wat gereeld vir die Springbok-sewesspan uitdraf, is ingesluit in SA Rugby se Akademie-span vir die Oktoberfees-sewes in München. Die toenooi word op 29 en 30 September in Duitsland gespeel.

Gholf

Die PGA-toer het aangekondig dat hulle in 2018 baie strenger dobbelregulasies gaan instel. Spelers word reeds verbied om geld op gholf te verwed. Die PGA wil verhoed dat die spel blootgestel word aan dobbelverwante kwessies.

Intussen word die PGA-toerkampioenskap die week gespeel. Sowel Dustin Johnson as Jordan Spieth het hul oë op die wentjek asook boerpot wat tydens die laaste toernooi van die jaar op die spel is. Spieth loop voor in die Fedex-beker en sy kans is goed om die bonus van $10 miljoen op te raap.

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Spanje word die naweek gejaag. Op die punteleer is Andrea Dovizioso en Marc Marquez gesamentlik aan die bopunt.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is drie wedstryde gisteraand gespeel. Orlando Pirates is nou die voorlopers op die punteleer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.