Vandag se sportnuus

Boks

Jake LaMotta, die legendariese voormalige middelgewig-bokskampioen van die wêreld is gister in die ouderdom van 95 oorlede. LaMotta het die film Raging Bull, wat ’n Oscar gewen het, geïnspireer. Hy het in die 1950’s sterstatus verwerf ná sy ses brutale gevegte teen Sugar Ray Robinson.

 Tennis

Rafael Nadal en Roger Federer slaan môre saam af vir die Europese span tydens die heel eerste Laverbeker-kompetsie. Europa speel oor drie dae teen die res van die wêreld. Björn Borg en John McEnroe is die twee spanne se onderskeie kapteine.

Krieket

  • KSA het die skedule bekend gemaak vir Indië se toer na SA. Daar sal drie toetse, ses eendagwedstryde en drie T20-wedstryde gespeel word. Die toer begin vroeg in Januarie 2018.
  • Die Proteas sal ook vir die eerste keer ooit in ’n vierdagtoets betrokke wees. Dit is teen Zimbabwe en die begindatum is 26 Desember.
  • Vandag speel Engeland en die Wes-Indiese Eilande in hul tweede eendagkragmeting teen mekaar op Trent Bridge in Nottingham. Engeland loop met 1-0 voor in die reeks.
    • En op Eden Gardens in Kolkata pak Indië en Australië mekaar in hul tweede
    • Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks het gister hul tweede dag beleef.

Bloemfontein

Cape Cobras           159
Knights                     551/4 (137 bb) Theunis de Bruyn het 195 lopies bygedra.

Uitskeityd: Knights loop met 392 lopies voor met 6 paaltjies oor in die eerste beurt.

Johannesburg

Warriors        503/8 verklaar
Lions             91/2 (33 bb)

Ná dag twee is die Lions met 412 lopies agter met 8 paaltjies staande.

Centurion

Titans            451/7 verklaar
Dolphins        232/6 (66 bb)

Die Dolphins is nog 219 lopies agter met 4 paaltjies oor in hul eerste beurt.

Rugby

    • Een Springbok is weggelaat uit die bokgroep vir die laaste twee wedstryde in die Die skrumskakel Francois Hougaardt is sy plek in die groep kwyt. Drie nuwe spelers is bygevoeg tot die groep. Hulle is Francois Louw (flank), S’busiso Nkosi (vleuel) en Louis Schreuder (skrumskakel).

Fietsry

Tom Dumoulin het die tydtoets vir mans tydens die wêreldkampioenskap in Bergen gewen.

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Aragon se eerste oefenrondes begin môre. Dit is steeds nie duidelik of Valentino Rossi in aksie sal wees nie. Hy het sy been drie weke gelede gebreek, maar was reeds vroeër die week terug op die baan.

Gholf

  • Op die PGA-toer begin die Toerkampioenskap vandag in Atlanta, Georgia. Net die topdertig-spelers op die Fedex-lys sal in aksie wees. Dit sluit die wêreld se twee topspelers, Dustin Johnson en Jordan Spieth, in.
  • In die Europese toer slaan die spelers vandag af in die Portugese Ope. Verskeie Suid-Afrikaners sal in aksie wees. Dit sluit spelers in soos Richard Sterne, Thomas Aiken en Justin Walters.
  • In die Sonskynreeks verskuif die aandag na St. Francisbaai vir die Vodacom-toernooi.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is vier wedstryde gisteraand gespeel. Golden Arrows het hul posisie boaan die punteleer behou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rupert Ashford ·

As ek dit nie mishet nie, het Louis Oosthuizen 31ste geeindig in die Fedexbeker kompetisie na die BMW Ope en is hy nou uit die Toerkampioenskap – ongelukkige nommer 31 met die top 30 wat kwalifiseer. :-)

Piet de Jager ·

Is dit regtig vandag se sportnuus? Klink vir my na ‘n opgewarmde pot snert

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.