Die eerste Laverbeker-kompetsie tussen Span-Europa en Span-Wêreld begin vandag in Praag. Dis ʼn Ryderbeker-gebaseerde konsep wat oor drie dae gespeel word. Daar word elke dag vier wedstryde afgehandel (drie enkelspel- en een dubbelspelwedstryd).
Rugby
- Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrika se afvaardiging na Londen lei vir hul 2023 Wêreldbeker-voorlegging aan die Wêreldrugbyraad. Saru se president, Mark Alexander, en die uitvoerende hoof, Jurie Roux, sal deel uitmaak van die span wat gaan poog om ná 28 jaar weer die Wêrelbeker-rugbytoernooi na Suid-Afrika te bring.
- In die Curriebeker-reeks word daar hierdie naweek drie wedstryde gespeel.
- Superrugby
Die formaat vir die 2018-seisoen is bekend gemaak. Daar is 15 spanne en ʼn totaal van 120 wedstryde sal tussen 17 Februarie en 4 Augustus gespeel word.
Elke span sal 16 wedstryde speel (agt tuis en agt weg) en elkeen sal twee loslootjies hê.
- Pro-14 bepalings:
Motorwedrenne
- Die Moto GP van Aragon word Sondag gejaag. Die Yamaha-span het bevestig dat die Italianer Valentino Rossi wel in aksie sal wees. Hy het sy been drie weke gelede gebreek maar het gister ʼn fiksheidstoets geslaag.
Gholf
- Ná die eerste ronde van die PGA-Toerkampioenskap in Atlanta, Georgia, is Kyle Stanley met twee houe voor.
- In die Europese-toer is die eerste ronde van die Portugese Ope voltooi.
- In die Sonskynreeks is die Vodacom-toernooi se eerste ronde op St. Francisbaai voltooi.
Krieket
- Engeland en die Wes-Indiese Eilande moes in hul tweede eendagkragmeting teen mekaar op Trent Bridge in Nottingham gespeel. Reën het egter verhoed dat daar enige uitslag was. Engeland loop met 1-0 voor in dié reeks.
- En op Eden Gardens in Kolkata het Indië en Australië in hul tweede eendagkragmeting skouers geskuur.
Indië 252 (50 bb)
Australië 202 (43.1/50 bb) Kuldeep Yadav het ‘n driekuns behaal.
Indië wen met 50 lopies en is nou met 2-0 voor in diè reeks.
- Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks het gister hul derde dag beleef.
Bloemfontein
Cape Cobras 159 & 304/3 (80 bb)
Knights 623/4 verklaar
Uitskeityd: Cape Cobras is met 160 lopies agter met 7 paaltjies staande.
Johannesburg
Warriors 503/8d & 94/3 (27 bb)
Lions 348
Uitskeityd: Warriors loop met 249 lopies voor met 7 paaltjies staande.
Centurion
Titans 451/7d & 295/4 verklaar
Dolphins 317 & 27/3 (7 bb, teiken is 430)
Uitskeityd: Dolphins benodig 403 lopies met 7 paaltjies staande.
Sokker
- In die Engelse Premierliga word daar môre agt wedstryde gespeel.