Vandag se sportnuus

Tennis

Die eerste Laverbeker-kompetsie tussen Span-Europa en Span-Wêreld is gister in Praag afgehandel. Rafael Nadal en Roger Federer het vir die eerste keer ooit saam aan dieselfde kant van die net in ’n dubbelspel-wedstryd gespeel. Span-Europa het gemaklik met 15-9 geseëvier.

Netbal

Die sewende ronde in die Varsitybeker-reeks word vandag afgehandel.

Rugby

  • Suid-Afrika doen vandag in Londen hul 2023 Rugby Wêreldbeker-voorlegging aan die Wêreld Rugbyraad. Die ander twee lande wat voorleggings doen is Ierland en Frankryk. Die gasheerland sal in November bekend gemaak word.
  • In die Curriebeker-reeks is drie wedstryde die naweek gespeel.
  • Pro14-uitslae:

Fietsry

Slowakye se Peter Sagan het Noorweë se Alexander Kristoff net-net geklop om sy derde wêreldtitel in Bergen in te palm. Die wedren is gister oor 267,5 km beslis.

Motorwedrenne

Die Moto GP van Aragon is gister gejaag en Marc Marquez het sy vyfde oorwinning van die seisoen behaal.

Gholf

  • Die PGA-toerkampioenskap is in Atlanta, Georgia, voltooi. Justin Thomas is as die FedEx-Beker se kampioen gekroon en het die bonus van $10 miljoen ingepalm nadat hy tweede was in dié toernooi.
  • In die Europese Reeks is die Portugese Ope afgehandel.
  • In die Sonskynreeks is die Vodacom-toernooi op St Francisbaai voltooi.

Krieket

Engeland en die Wes-Indiese Eilande het gister in hul derde eendagkragmeting teen mekaar gespeel.

Engeland      369/9 (50 bb)
Windies         245     (39.1/50 bb)

Engeland wen met 124 lopies en loop nou met 2-0 voor in dié reeks van vyf wedstryde.

Indië en Australië het ook in hul derde eendagkragmeting skouers geskuur.

Australië       293/6 (50 bb)
Indië              294/5 (47.5/50 bb)

Indië wen met 5 paaltjies, met 13 balle oor, en beklink die reeks van vyf wedstryde met 3-0.

Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks is afgehandel en al drie het onbeslis geëindig.

Sokker

  • Van die naweek se Engelse Premierliga-uitslae lyk só:
  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gister gespeel.

Chippa United         0 – 0    Bloemfontein Celtic

  • Suid-Afrika se vrouesokkerspan het die Cosafa-kampioenskap gewen ná ’n oorwinning van 2-1 oor Zimbabwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.