Vandag se sportnuus

Netbal

Die sewende ronde in die Varsitybeker-reeks is gister afgehandel.

Rugby

  • Suid-Afrika het gister in Londen hul 2023 Rugbywêreldbeker-voorlegging aan die Wêreldrugbyraad gemaak. Daar is drie punte waarop Suid-Afrika fokus om die bod te wen.
    • ’n Finansiële waarborg van £160 miljoen van die regering en ’n rekordwins.
    • Die fasiliteite, skedulering en logistiek maak dit die meeste speler-gerigte toernooi ooit.
    • Asook die unieke ervarings op mense se wenslys van bestemmings en ’n landwye karnaval.
  • Nuus uit die Bokkamp is dat die Springbok-kaptein, Warren Whiteley, betyds van sy besering sal herstel om die Bokke tydens hul Europese toer in November aan te voer.
  • In die Curriebeker-reeks staan sake só op die punteleer.
  • Pro14-punteleer:

 Konferensie A

Konferensie B

Motorwedrenne

Ná die Moto GP van Aragon is Marc Marquez gemaklik voor op die punteleer.

Gholf

  • Ná die PGA-Toerkampioenskap in Atlanta lyk die finale FedEx-Beker se punteleer só:

Krieket

  • Suid-Afrika se openingskolwer, Dean Elgar, sê hy ondersteun sy nuwe openingsvennoot, Aiden Markram, om suksesvol te wees wanneer hy Donderdag teen Bangladesj saam met hom op die veld stap.
  • Engeland en die Wes-Indiese Eilande speel môre in hul vierde eendagkragmeting teen mekaar. Engeland loop met 2-0 voor in dié reeks van vyf wedstryde.

Sokker

  • Agt wedstryde word vanaand in die UEFA-kampioeneliga
  • In die Engelse Premierliga is daar gisteraand een wedstryd afgehandel.

Op die jongste punteleer staan sake só in Engeland:

  • Op die plaaslike Premierliga se punteleer is Golden Arrows die voorlopers.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.