Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Bangladesj begin vanoggend op Potchefstroom. Suid-Afrika sal sy nederlaag van 3-1 teen Engeland in Augustus agter hom wil plaas. Voor dié reeks teen Engeland het Suid-Afrika met vier reeksoorwinnings agtereenvolgens gespog.
  • Pakistan en Sri Lanka se eerste toets begin ook vandag. Die eerste bal sal om 08:00 Suid-Afrikaanse tyd in Abu Dhabi geboul word.
  • Engeland en die Wes-Indiese Eilande het gister in hul vierde eendagkragmeting teen mekaar gespeel in ʼn wedstryd wat deur reën kortgeknip is.

Windies         356/5

Engeland      258/5 (35.1 bb)

Engeland wen met 6 lopies (volgens die D/L-metode) en loop met 3-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.

  • In die Sunfoil-meerdagreeks begin drie wedstryde vandag.

Rugby

  • Die Bokspan wat Saterdag in die Kampioenskapsreeks teen Australië in Bloemfontein speel, word vanmiddag om 14:00 bekend gemaak. Ross Cronje behoort sy terugkeer op skrumskakel te maak. In die ander kragmeting die naweek speel Argentinië teen Nieu-Seeland.
  • Drie wedstryde word die naweek in die Curriebekerreeks Dan du Preez en S’busiso Nkosi is ingesluit in die Haaie se span wat gaan poog om hul tiende agtereenvolgende oorwinning te behaal.

Motorwedrenne

  • Die Maleisiese Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Lewis Hamilton slaan tans die kitaar op die punteleer.

Gholf

  • Die Presidentsbeker-kragmeting tussen Amerika en die Internasionale span begin vandag. Amerika het 9 van die 11 vorige kompetisies gewen. Een het gelykop geëindig terwyl die Internasionale span in 1998 in Melbourne geseëvier het.
  • In die Europese reeks begin die Britse Meesterstoernooi vandag. Van die Suid-Afrikaners wat sal afslaan, sluit in George Coetzee, Dean Burmester en Brandon Stone.

Padwedlope

Die legendariese Voet van Afrika Marathon, wat aan die suidelikste punt van Afrika gehardloop word, sal vanjaar op 14 Oktober plaasvind. Daar is ook ʼn halfmarathon en pretdraf. Die uitdagende roetes spog met ʼn splinternuwe eindpunt by die Bredasdorp Sportterrein.

Sokker

  • Agt wedstryde is gisteraand in die UEFA-Kampioeneliga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.