Vandag se sportnuus

sportnuusNetbal

By die vierhoekige netbalreeks in Durban het die Proteas gisteraand teen Australië op die baan gestap. Die Aussies het met 62-46 geseëvier.

Sesnasiesrugby

Die 2017-seisoen skop dié naweek af met drie wedstryde.

4          Skotland        v          Ierland           Murrayfield             16:25

4          Engeland      v          Frankryk         Twickenham            18:50

5          Italië             v          Wallis             Stadio Olimpico       16:00

Intussen sal Ierland se losskakel Johnny Sexton nie teen Skotland uitdraf nie as gevolg van ʼn kuitbesering.

Sewesrugby

Die vierde been van die Wêreldsewesreeks word dié naweek in Sydney gespeel.

Die Blitsbokke is in Groep A ingedeel vir dié toernooi. Ons speel Saterdag teen Japan (02:20 SA tyd), Kenia (06:15 SA tyd) en dan teen Engeland (11:13 SA tyd).

Varsityrugby

Op die jongste Varsitybeker-punteleer staan sake so:

1          Madibaz         1          1          0          0          36       8       28       5

2          Shimlas         1          1          0          0          26       21        5        5

3          Tuks               1          1          0          0          13       9          4        4

4          NWU-Puk      1          1          0          0          16       12       4        4

 Tennis

Dié week verskuif die aandag na die Davisbekerkompetisie.

Van die bepalings lyk so:

[1] Argentinië       teen    Italië

[2] Kroasië            teen    Spanje

[3] Brittanje          teen    Kanada

Suid-Afrika speel teen Estland in Pretoria en Wayne Ferreira sal as konsultant optree vir die Suid-Afrikaanse Davisbekerspan. Die kragmeting word by die Irene-buiteklub gespeel.

Internasionale krieket

Die Proteas en Sri Lanka pak mekaar vandag in die tweede van vyf eendagkragmetings. Die aksie begin vandag om 13:30 in Durban. Suid-Afrika het sy laaste vier eendagkragmetings op Kingsmead in Durban gewen.

Engeland en Indië kom vandag teen mekaar te staan in hul tweede T20-wedstryd.

Nieu-Seeland speel more teen Australië in hul tweede eendagkragmeting teen mekaar.

Sunfoil-krieketreeks

Drie wedstryde begin môre.

2          Dolphins       v          Titans             Pietermaritzburg                  09:00

2          Cape Cobras           v          Knights          Boland Park, Paarl              10:00

2          Warriors        v          Highveld Lions         Oos-Londen             10:00

Gholf

In die Europese reeks val die klem môre op die Omega Dubai Desert Classic.

Van die Suid-Afrikaners wat sal speel sluit in Trevor Immelman, Hennie Otto, Brandon Stone en George Coetzee.

In die VSA slaan die spelers af in die Phoenix Ope in Scottsdale, Arizona. Phil Mickelson is gereed om sy terugkeer na die gholfbaan te maak nadat hy verlede jaar ʼn breukoperasie ondergaan het.

En in Suid-Afrika het die Tshwane Ope vir vroue gister begin.

68 – Kiran Matharu (Engeland)

70 – Carrie Park (Suid-Korea), Monique Smit

71 – Monja Richards, Ivanna Samu, Hanna Roos (Swede), Lee-Anne Pace

Sokker

In die Afcon-beker word die eerste halfeindwedstryd vandag gespeel.

Burkina Faso v Egipte 21:00

Môre speel Kameroen teen Ghana 21:00

Van die uitslae in gisteraand se Engelse Premierliga lyk so:

Liverpool het die liga-voorlopers Chelsea tot ʼn gelykopuitslag van een elk gedwing.

Watford het ʼn skokoorwinning van 2-1 oor Arsenal behaal.

Vanaand speel West Ham United teen Manchester City, Manchester United teen Hull City en Stoke City teen Everton.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.