- Die Bokspan wat môre teen Australië speel, is bekend gemaak. Daar is drie veranderinge. Ross Cronje is terug op skrumskakel, Francois Louw op flank en Dillyn Leyds speel vleuel.
Die bepalings vir dié naweek se Kampioenskapsreeks lyk só:
- Drie wedstryde word dié naweek in die Curriebekerreeks
- In die Pro14 is daar sewe westryde geskeduleer.
Krieket
- Krieket SA en hul uitvoerende hoof, Haroon Lorgat, het gister bevestig dat dié twee partye se paadjies met onmiddellike effek skei.
- Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Bangladesj het gister op Potchefstroom begin. Bangladesj het die loot gewen en die Proteas ingestuur om te kolf. Suid-Afrika het teen uitskeityd op 298/1 (90 bb) gestaan.
Hashim Amla sal vanoggend op 68 voortkolf en Dean Elgar op 128. Gister het die nuweling Aiden Markram 97 lopies aangeteken.
- In Abu Dhabi het Sri Lanka die loot gewen en eerste gekolf in hul eerste toets teen Pakistan. Aan die einde van die dag het Sri Lanka op 227/4 (90 bb) gestaan.
- Australië en Indië het in hul 4de eendagkragmeting in Bangalore swaarde gekruis.
Australië 334/5 (50 bb)
Indië 313/8 (50 bb)
Australië wen met 21 lopies en Indië loop nou met 2-1 voor in die reeks van vyf wedstryde.
- Engeland en die Wes-Indiese Eilande speel vandag in hul vyfde en laaste eendagkragmeting teen mekaar. Engeland loop met 3-0 voor in dié reeks van vyf wedstryde.
- In die Sunfoil-meerdagreeks het drie wedstryde gister begin.
Port Elizabeth
Warriors 263/4 (94 bb)
Cape Cobras
Centurion
Titans 293/5 (96 bb)
Lions
In Durban was geen spel tussen die Dolphins en Knights moontlik nie as gevolg van reën.
Motorwedrenne
- Die Maleisiese Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Die eerste twee oefenrondes word vanoggend afgehandel.
Gholf
- Die Presidentsbeker-kragmeting tussen Amerika en die Internasionale span het gister met 5 beurtspel-wedstryde begin. Amerika het die dag met 3.5 – 1.5 gewen. Vandag word daar 5 beterbal-wedstryde gespeel.
- In die Europese reeks is die eerste ronde van die Britse Meesterstoernooi voltooi.
Fietsry
Die sluitingsdatum vir inskrywings vir volgende jaar se Kaapstad Fietstoer is uitgeskuif tot aanstaande Dinsdag, 3 Oktober. Die wedren word op 11 Maart gejaag en strek oor 109 km.
Sokker
In die plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel.