Vandag se sportnuus

Rugby

  • In die Kampioenskapsreeks het Nieu-Seeland seker gemaak hulle word weer as die kampioen gekroon.

Intussen sal die Bokke se agsteman, Uzair Cassiem, nie die naweek teen die All Blacks kan speel nie weens ʼn ribbesering.

  • Drie wedstryde is in die Curriebekerreeks
  • In die Pro-14 is daar sewe wedstryde afgehandel.

Netbal

Die halfeindwedstryde van die Varsitybeker-reeks word vandag gespeel.

Motorwedrenne

  • Die laaste Maleisiese Formule Een Grand Prix is gister gejaag. Red Bull se Max Verstappen het geseëvier met Mercedes se Lewis Hamilton tweede.

 

Gholf

  • Die Presidentsbeker-kragmeting tussen Amerika en die Internasionale span is iets van die verlede. Die Amerikaners het die stryd oorheers en baie gemaklik met 19-11 gewen. Die Internasionale span het darem gister se enkelspelwedstryde met 6-3 verower. Charl Schwartzel en Louis Oosthuizen het hul wedstryde gewen terwyl Branden Grace gelykop geëindig het teen Dustin Johnson.
  • In die Europese reeks is die Britse Meesterstoernooi gister voltooi.

Krieket

  • Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Bangladesj op Potchefstroom het gister sy vierde dag beleef.

Suid-Afrika 496 / 3v & 247 / 6v

Bangladesj 320 & 49/3 (15.3 bb, teiken: 424)

Uitskeityd: Bangladesj benodig nog 375 lopies met 7 paaltjies oor.

  • In Abu Dhabi speel Sri Lanka in sy eerste toets teen Pakistan. Ná dag vier staan sake só:

Sri Lanka 419 & 69/4 (40 bb)

Pakistan 422

Teen uitskeityd was Sri Lanka met 66 lopies voor met 6 tweedebeurt-paaltjies staande.

  • Australië en Indië het gister in hul vyfde eendagkragmeting swaarde gekruis.

Australië 242/9 (50 bb)

Indië 243/3 (42.5 / 50 bb)

Indië wen met 7 paaltjies (met 43 balle oor)

Indië wen die reeks met 3-1.

  • In die Sunfoil-meerdagreeks het al drie wedstryde gister onbeslis geëindig.

Durban

Dolphins 426 / 8d & 97/2

Knights 291

Port Elizabeth

Warriors 452 / 6v & 186 / 9v

Kaapse Cobras 387 / 8v & 131/6 (teiken: 252)

Centurion

Titans 452 / 7v & 205 / 7v

Lions 408 & 80/2 (teiken: 250)

Fietsry

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir volgende jaar se Kaapstad Fietstoer is uitgeskuif tot môre. Die wedren word op 11 Maart gejaag en strek oor 109 km.

Sokker

            In die plaaslike Premierliga lyk gister se uitslae só:

            In die Engelse Premierliga het die spanne só gevaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.