Vandag se sportnuus

Netbal

Die halfeindwedstryde van die Varsitybeker-reeks is gister gespeel. Die Pukke het hul derde agtereenvolgende eindstryd gehaal deur die Kovsies gemaklik met 53-37 in Bloemfontein te klop. Vroeër het Tuks die Maties met 74-43 afgestof.

Atletiek

Suid-Afrika se Wayde van Niekerk en Caster Semenya is albei genomineer vir die IAAF se Atleet van die jaar-toekennings. Daar is tien mans en tien vroue genomineer.

Motorwedrenne

  • Na afloop van die Maleisiese Formule Een Grand Prix is Lewis Hamilton nou verder voor op die punteleer.

Krieket

  • Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Bangladesj is gister deur die Proteas met 333 lopies gewen. Bangladesj se beurt op dag vyf het net 83 minute geduur. Hulle het hul laaste 7 paaltjies vir net 41 lopies verloor. Maharaj het 4/25 en Rabada 3/33 met die bal geneem. Dean Elgar is as speler van die wedstryd aangewys.
  • Dane Paterson van die Cape Cobras is intussen ingesluit in die toetsspan vir die tweede toets teen Bangladesj wat Vrydag begin. Paterson vervang Morné Morkel, wat ’n syspierbesering opgedoen het.
  • Intussen is JP Duminy aangewys as kaptein van die SA uitnodigingspan vir hul vyftigboulbeurt-wedstryd teen Bangladesj op 12 Oktober. AB de Villiers is ook in dié span ingesluit.
  • In Abu-Dabi het Sri-Lanka in hul eerste toets teen Pakistan met 21 lopies gewen.

Sri Lanka 419 & 138

Pakistan 422 & 114 (47.4 bb, teiken: 136)

  • In die Sunfoil-meerdagreeks lyk die punteleer só:

Rugby

  • Met net een ronde oor in die Kampioenskapsreeks het Nieu-Seeland seker gemaak hulle eindig boaan die punteleer.
  • In die Curriebekerreeks staan sake só:
  • In die Pro14 lyk die puntleer só:

Konferensie A

Konferensie B

Gholf

  • Agtien Suid-Afrikaners sal dié week by die Alfred Dunhill Links kampioenskap in Skotland in aksie wees. Dit sluit spelers in soos Brandon Grace, Ernie Els, George Coetzee, Thomas Aiken en jong talent soos Brandon Stone, Haydn Porteous, Dylan Frittelli, Dean Burmester en Christiaan Bezuidenhout. Die toernooi word op drie bane in Skotland gespeel, naamlik die ou-baan van St Andrews, Carnoustie en Kingsbarn.

Fietsry

Die Kaapstad fietstoer sal aanstaande jaar op 11 Maart gejaag word. Dié wedren is die grootste wedren in die wêreld waar daar tyd gehou word. Meer as 4 500 oorsese ryers sal ook in aksie wees. Vandag is die sluitingsdatum vir inskrywings deur plaaslike ryers.

Sokker

            In die plaaslike Premierliga lyk die jongste punteleer só:

            In die Engelse Premierliga staan sake só:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.