Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Japannese Ope-toernooi is twee Suid-Afrikaners vandag in aksie. Hulle is die vyfde gekeurde Kevin Anderson asook die dubbelspelspeler, Raven Klaasen, wat derde gekeur is saam met Rajeev Ram.
  • By die Chinese Ope het die gekeurde manspelers goed gevaar in die ronde van 32. Daar was oorwinnings vir die derde gekeurde Grigor Dimitrov asook die topgekeurde Rafa Nadal.

Onder die vroue het vierde gekeurde Karolina Plíšková en die tweede gekeurde Simona Halep deurgedring na die laaste 16. Halep sal vanoggend teen Maria Sharapova op die baan stap.

Gholf

Die Alfred Dunhill Links-kampioenskap begin môre in Skotland. Verskeie bekende sterre sal saam met die voorste gholfspelers in die wêreld stokke swaai. Daar word op drie bane meegeding – die ou baan van St Andrews, Carnoustie en Kingsbarn.

Netbal

Die eindwedstryd van die Varsitybeker-reeks word Maandag gespeel. Die Pukke sal in Pretoria teen Tukkies te staan kom.

Motorwedrenne

In Formule Een verskuif die aandag vandeesweek na Japan. Die Japannese Grand Prix word Sondag op Suzuka gejaag.

Krieket

  • Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Bangladesj begin Vrydag in Bloemfontein. Dane Paterson van die Cape Cobras is ingesluit in die toetsspan in die plek van die beseerde Morne Morkel.
  • In Dubai sal Sri Lanka ook Vrydag in sy tweede toets teen Pakistan op die veld stap. Sri Lanka is met 1-0 voor in daardie reeks.
  • In die Sunfoil-meerdagreeks sal drie wedstryde Vrydag begin.

Rugby

  • Die Kampioenskapsreeks loop die naweek ten einde wanneer die laaste twee wedstryde gespeel word.

 

 

  • In die Curriebekerreeks word daar die naweek drie wedstryde gespeel.

Sokker

Bafana Bafana sukkel tans met verskeie beserings kort voor sy belangrike Fifa Wêreldbeker-kwalifiseringstryd teen Burkina Faso. Die wedstryd word Saterdag om 15:00 in die FNB-stadion gespeel. Daar is so ʼn bietjie goeie nuus vir Bafana Bafana en dit is dat die doelwagter en kaptein, Itumeleng Khune, dalk gereed sal wees nadat hy van ʼn skouerbesering herstel het.

In die plaaslike Premierliga lyk die jongste punteleer só:

 In die Engelse Premierliga staan sake só:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.