Vandag se sportnuus

Tennis

  • In die Japanse Ope-toernooi was twee Suid-Afrikaners gister in aksie.
    • Die vyfde gekeurde Kevin Anderson het in die enkelspel sy rieme in die ronde van 16 styfgeloop teen die ongekeurde Ryan Harrison van die VSA. Harrison het in drie stelle geseëvier.
  • In die dubbelspel het Suid-Afrika se Raven Klaasen, wat derde gekeur is saam met Rajeev Ram, maklik met Troicki en Škugor klaargespeel. Die telling was 6-3 en 7-6.
  • In die Chinese Ope het die derde gekeurde Grigor Dimitrov vir Juan Martin Del Potro met 7-6 en 7-5 geklop.

Onder die vroue het die tweede gekeurde Simona Halep teen Maria Sharapova te staan gekom. Halep het met 6-2 en 6-2 geseëvier.

Gholf

Die spelers slaan vanoggend af in die Alfred Dunhill Links-kampioenskap in Skotland. Richard Sterne het verlede jaar tweede geëindig en sal dié jaar hard probeer om as wenner uit die stryd te tree. Van die ander gedugte spelers sluit in Rory McIlroy, Ernie Els, Martin Kaymer, Branden Grace en Lee Westwood.

Motorwedrenne

Die Japanse Formule Een Grand Prix se eerste oefenrondes word môre afgelê. Sebastian Vettel gaan alles in sy vermoë doen om die agterstand op die punteleer uit wis. Lewis Hamilton het tydens die laaste twee wedrenne ʼn gaping van 34 punte bó Vettel oopgemaak. Goeie nuus vir Vettel is dat sy ratkas nie vervang hoef te word nie. Dit sou vir hom ʼn strafposisie op die wegspringrooster beteken. Die vertoning van Red Bull se Max Verstappen sal ook fyn dopgehou word ná sy sege die afgelope naweek.

Krieket

  • Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Bangladesj begin môre in Bloemfontein. Die Proteas het die eerste toets met 333 lopies gewen. Reën word môre vir die Rosestad voorspel
  • In Dubai sal Sri Lanka ook môre in hul tweede toets teen Pakistan op die veld stap. Sri Lanka is met 1-0 voor in daardie reeks.
  • In die Sunfoil-meerdagreeks begin daar môre drie wedstryde. Al ses wedstryde tot dusver dié seisoen het onbeslis geëindig en die punteverskil op die punteleer is marginaal.

 

  • Intussen is Dane Paterson ingesluit in die Protreas se eendagspan vir die reeks teen Bangladesj. Daar word drie wedstryde gespeel.

Oktober

Rugby

  • Die Bokke speel Saterdag in die Kampioenskapsreeks op Nuweland in Kaapstad teen die All Blacks. Die Bokspan word vanmiddag bekendgemaak. Die afskop vir die wedstryd is Saterdag om 17:05.
  • In die Curriebekerreeks word daar dié naweek drie wedstryde gespeel. Die Bulle het ʼn onveranderde span aangewys vir sy stryd teen die Cheetahs. JW Jonker sal in sy 100ste wedstryd vir die Cheetahs speel.

Nuus uit Japan is dat die Leeus- en Springbokvleuel Ruan Combrink, sy skouer beseer het en lank op die kantlyn sal wees.

Sokker

Bafana Bafana speel Saterdag teen Burkina Faso in hul Fifa Wêreldbeker-kwalifiseringstryd. Die wedstryd begin om 15:00 in die ENB-stadion.

Verskeie Wêreldbeker-kwalifiseringswestryde word vandag gespeel.

Van die bepalings in Europa lyk só:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.