Vandag se sportnuus

Swem

Chad le Clos en Cameron van der Burgh het gister Suid-Afrika se naam weer hoog gehou by Fina se Wêreldbeker in Doha.

  • Le Clos het ʼn driekuns in die vlinderslag behaal en met goud weggestap in die 50 m, 100 m asook 200 m. Le Clos het boonop die 200 m-vryslagitem verower. Hy is algeheel steeds die voorloper op die punteleer na been vyf van die Wêreldbeker.
  • Van der Burgh het goud in die 50 m- en 100 m-borsslag gewen.

Rugby

  • Die Bokspan vir môre se wedstryd in die Kampioenskapsreeks teen die All Blacks is bekend gemaak. Verskeie veranderinge is aan die voorspelers aangebring. Lood de Jager sal op slot uitdraf in Franco Mostert se plek wat bank toe skuif. Pieter-Steph du Toit speel toekantflank en Francois Louw agsteman. Steven Kitshoff vervang Beast Mtawarira in die voorry, wat op sy beurt familieverpligtinge het. Wilco Louw is op die bank ingesluit. Die All Blacks het hul sterkste moontlike span gekies wat beteken dat die spelers wat gerus het, terug is in die span. Die afskop vir die wedstryd is môre om 17:05.
  • In die Curriebekerreeks word daar die naweek drie wedstryde gespeel.
  • Pro14-bepalings:

Gholf

Die eerste ronde van die Alfred Dunhill Links-kampioenskap is in Skotland afgehandel.

Tennis

  • By die Japannese Ope-toernooi is Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy dubbelspelmaat, Rajeev Ram, in die kwarteindronde uitgeskakel.
  • By die Chinese Ope was daar oorwinnings in die ronde van 16 vir die eerste gekeurde Rafael Nadal asook die tweede gekeurde Andre Zverev.

Onder die vroue het die tweede en derde gekeurdes egter pak gekry. Sowel Karolina Plíšková as Elina Svitolina moes hul tassies pak.

Motorwedrenne

Die Japannese Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Lewis Hamilton gaan poog om sy aanspraak op ʼn vierde wêreldtitel te versterk, wanneer hy Sondag met ʼn voorsprong van 34 punte wegspring.

Krieket

  • Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Bangladesj begin vanoggend om 10:00 in Bloemfontein. Die Proteas se kaptein, Faf du Plessis, het sy span aangemoedig om weer te oorheers sodat dié reeks op ʼn hoogtepunt afgesluit kan word. Daar word verwag dat die blad met heelwat wip en vaart die snelboulers gaan bevoordeel.
  • In Dubai begin Sri Lanka se tweede toets teen Pakistan ook vandag.
  • In die Sunfoil-meerdagreeks begin daar vandag drie wedstryde.

Sokker

Bafana speel môre teen Burkina Faso in hul Fifa-wêreldbeker-kwalifiseringstryd in Johannesburg. Die wedstryd begin om 15:00 in die FNB-stadion.

Verskeie Wêreldbeker-kwalifiseringswestryde is gisteraand gespeel. Engeland en Duitsland het onder meer hul plekke by aanstaande jaar se Wêreldbekerstryd in Rusland bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.