- Die Bokke het Saterdag in die Kampioenskapsreeks teen die All Blacks op Nuweland uitgedraf en uitstekend gespeel.
- In die Curriebekerreeks is daar die naweek drie wedstryde afgehandel.
- Pro-14 uitslae:
Gholf
- Die Alfred Dunhill Links-kampioenskap het gister in Skotland ten einde geloop.
Rory McIlroy het 64ste geëindig en vir die eerste keer in nege jaar nie ʼn toernooi-oorwinning in ʼn jaar behaal nie.
- By die Safeway Ope in Amerika het sake só geëindig:
Tennis
In die Chinese Ope is die eindstryde afgehandel.
- In die mansenkelspel het Rafael Nadal maklik geseëvier. Hy het met Nic Kyrgios klaargespeel in twee stelle. Die telling was 6-2 en 6-1.
- In die vroue-enkelspel is die tweede gekeurde Simona Halep in die eindstryd in twee stelle deur die ongekeurde Caroline Garcia geklop.
Netbal
Die eindstryd van die Varsitybeker-reeks word vanaand gespeel. Pukke sal in sy derde agtereenvolgende eindstryd teen Tukkies te staan kom.
Motorwedrenne
Die Japanse Formule Een Grand Prix is gister gejaag. Lewis Hamilton het sy voorsprong op die punteleer vergroot deur te eerste te eindig terwyl sy naaste teenstander, Sebastian Vettel, nie die wedren kon voltooi nie.
Krieket
- Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Bangladesj is gister binne drie dae in Bloemfontein afgehandel. Die Proteas het weer ʼn gemaklike oorwinning behaal en die reeks met 2-0 gewen.
Suid-Afrika 573 / 4v
Bangladesj 147 & 172 (42.4 bb, opvolg) Kagiso Rabada het vyf paaltjies vir 30 lopies geneem. Suid-Afrika wen met ‘n beurt en 254 lopies. Dit was die Proteas se grootste oorwinning nog in toetskrieket.
- In Dubai speel Sri-Lanka in hul tweede toets teen Pakistan.
Na dag drie staan sake só:
Sri Lanka 482 & 0/0 (0.2 bb)
Pakistan 262
Sri Lanka is met 220 lopies voor met tien paaltjies oor.
- In die Sunfoil-meerdagreeks word daar tans drie wedstryde gespeel.
Oudtshoorn
Knights 489 / 5v & 3/0 (1.4 bb)
Cobras 447
Teen uitskeityd op die derde dag is die Knights voor met 45 lopies met tien paaltjies oor in hul tweede beurt.
Pietermaritzburg
Leeus 277 / 7v
Dolfyne 185/6 (74.1 bb)
Uitskeityd: Die Dolfyne is met 92 lopies agter met vier paaltjies staande in die eerste beurt.
Benoni
Titans 321 & 97/2 (18 bb)
Warriors 261
Uitskeityd: Titans is voor met 157 lopies met agt paaltjies staande in hul tweede beurt.
Sokker
Bafana het Saterdag teen Burkina Faso in hul Fifa Wêreldbeker-kwalifiseringstryd in Johannesburg gespeel en Suid-Afrika het met 3 – 1 gewen. Bafana moet nou vir Senegal klop om in aanstaande jaar se Wêreldbeker te speel.
Verskeie ander Wêreldbeker-kwalifiseringswestryde is afgehandel. Van die uitslae lyk só: