Vandag se sportnuus

Netbal

Die eindstryd van die Varsitybeker-reeks is gisteraand in Pretoria gespeel. Tukkies het die Pukke in ʼn spannende wedstryd met 43-41 geklop om as die kampioen gekroon te word. Tuks se netbalspan sluit hom nou aan by die universiteit se rugby-, hokkie-, sokker- en atletiekspanne, wat tans Varsity-kampioene is.

Rugby

  • Die Bokke het uiteindelik derde geëindig in vanjaar se
  • In die Curriebekerreeks word die laaste groep wedstryde komende naweek gespeel. Verskeie spanne maak nog ʼn aanspraak op ʼn plek in die halfeind saam met die Haaie.
  • Pro14-punteleer:

Konferensie A

Konferensie B

 

Gholf

Op die jongste wêreldranglys is Dustin Johnson steeds die voorste speler.

Op die Vroueranglys beklee Lee-Anne Pace van Suid-Afrika die 95ste posisie.

Motorwedrenne

Ná die Japannese Formule Een Grand Prix het Lewis Hamilton sy voorsprong op die punteleer verder vergroot.

Krieket

  • In Dubai speel Sri Lanka in sy tweede toets teen Pakistan.

Ná dag vier staan sake só:

Sri Lanka 482 & 96

Pakistan 262 & 198/5 (73 bb, teiken: 317)

Pakistan benodig nog 119 lopies met 5 paaltjies oor.

  • In die Sunfoil-meerdagreeks het drie wedstryde gister geëindig. Reën was ʼn groot faktor in Oudtshoorn en Pietermaritzburg.

Oudtshoorn

Knights 489/5d & 3/0 (1.4 bb)

Cape Cobras 447

Onbeslis

Pietermaritzburg

Lions 277/7v

Dolphins 185/6 (74.1 bb)

Onbeslis

Benoni

Titans 321 & 220/6v

Warriors 261 & 141/7 (41.4 bb, teiken 281)

Onbeslis

Tennis

Op die jongste ATP-ranglys is Suid-Afrika se Kevin Anderson steeds 15de.

Op die Vroueranglys staan sake só:

Sokker

  • Verskeie Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde is gister afgehandel.

Ysland het vir die eerste keer vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi gekwalifiseer nadat hy Kosovo met 2-0 geklop het. Ysland het net 330 000 inwoners.

Serwië het ook sy plek bepreek met ʼn 1-0-oorwinning oor Georgië.

Van die ander uitslae lyk só:

  • Op die plaaslike front word die MTN8-eindstryd tussen Cape Town City en SuperSport United Saterdag op die Moses Mabhida-stadion in Durban gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.