Vandag se sportnuus

Krieket

  • KSA het aangekondig dat die eerste uitgawe van die T20 Global-Liga uitgestel word van 2017 tot November 2018. Blykbaar het mislukte onderhandelinge oor TV-regte ook ’n rol gespeel in dié besluit.
  • In Dubai het Sri-Lanka in hul tweede toets teen Pakistan gespeel.

Sri-Lanka      482 & 96

Pakistan        262 & 248 (90.2 bb, teiken was 317)

Sri-Lanka wen die toets met 68 lopies en die reeks met 2-0.

  • Indië en Australië het gister kragte gemeet in hul tweede T20-wedstryd.

Indië               118     (20 bb)

Australia        122/2 (15.3/20 bb)

Australië wen met 8 paaltjies met 27 balle oor. Ná die wedstryd is ’n klip na die Aussies se bus gegooi wat ’n venster gebreek het.

  • Die Proteas geniet ’n blaaskans tot Sondag voordat die eerste eendagwedstryd teen Bangladesj gespeel word. Daar sal in drie eendag- en twee T20-wedstryde meegeding word.
  • In die Sunfoil-meerdagreeks het die eerste nege wedstryde van die seisoen onbeslis geëindig. Hier is die jongste punteleer.

Tennis

In die ATP-reeks val die kollig dié week op die Shangai Meesters.

In die enkelspel het die eerste gekeurde Rafael Nadal en die twee gekeurde Roger Federer loslootjies in die eerste ronde gehad. Die elfde gekeurde Kevin Anderson het vir Adrian Mannarino met 6-3 en 6-1 uitgeskakel.

In die dubbelspel het Suid-Afrika se Kevin Anderson en Nenad Zimonjic

vir Diego Schwartzman en Mischa Zverev in die eerste ronde met 6-3 en 6-4 geklop.

Op die vroue se WTA-reeks is die aksie dié week in Hong Kong. Venus Williams is terug ná haar besering en het haar openingswedstryd by die Hong Kong Ope maklik met 6-2 en 6-2 teen Risa Ozaki gwen.

Rugby

  • Die Bok- en Leeu-vleuel Ruan Combrinck gaan vir ses maande op die kantlyn wees. Dit is ná ’n skoueroperasie wat hy moes ondergaan ná ’n besering wat hy in Japan opgedoen het.

Gholf

Die tweede toernooi van die nuwe jaar se Amerikaanse PGA-reeks begin môre. Die CIMB Classic word in Kuala Lumpur in Maleisië gespeel.

En in die Europese reeks verskuif die aandag na Italië vir die Italiaanse Ope wat van môre tot Sondag sal plaasvind.

Motorwedrenne

Die aksie verskuif dié week van Formule Een na Moto GP. Die Moto GP van Japan word Sondag gejaag. Op die jongste punteleer loop Marc Marquez met 16 punte voor terwyl daar net vier wedrenne oor is vir die jaar.

 

Sokker

  • Verskeie Wêreldbeker-kwalifiseringswestryde is gister afgehandel.
    • In Suid-Amerika het Lionel Messi drie doele vir Argentinië aangeteken in hul oorwinning oor Ecuador. Die eindtelling was 3-1 in Argentinië se guns.
    • Die VSA kon nie vir die Wêreldbeker kwalifiseer nie nadat Trinidad en Tobago hulle met 2-1 geklop het.
  • Van die uitslae in Europa lyk só:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.