Vandag se sportnuus

sportnuusKrieket

Die Proteas en Sri Lanka het mekaar gister in die tweede van vyf eendagkragmetings in Durban gepak. Die Proteas het eerste gekolf en 307/6 aangeteken.

Faf du Plessis en David Miller het albei honderdtalle behaal. Sri Lanka het gereeld paaltjies verloor en was deurentyd onder druk.

Suid-Afrika 307/6 (50 bb)

Sri Lanka 186 (37,5/50 bb)

Suid-Afrika wen met 121 lopies.

Engeland en Indië het in hul tweede T20-wedstryd gespeel. Engeland het hul laaste agt paaltjies vir net agt lopies verloor.

Indië 202/6 (20/20 ov)

Engeland 127 (16.3/20 ov)

Indië wen met 75 lopies en wen die reeks met 2-1.

Vandag meet Nieu-Seeland en Australië kragte in hul tweede eendagkragmeting.

Sunfoil-krieketreeks

Drie wedstryde begin vandag.

2          Dolphins       v          Titans           Pietermaritzburg       09:00

2          Cape Cobras    v          Knights          Boland Park, Paarl     10:00

2          Warriors       v          Highveld Lions   Oos-Londen             10:00

Gholf

In die Europese reeks het die Omega Dubai Desert Classic vanoggend begin.

Die eerste drie Suid-Afrikaners wat afslaan is Darren Fichardt, Hennie Otto en Trevor Immelman.

Tiger Woods sal ook sy staal probeer toon.

In die VSA slaan die spelers later vandag af in die Phoenix Ope in Scottsdale, Arizona. Louis Oosthuizen, Tyrone van Aswegen en Retief Goosen sal Suid-Afrika verteenwoordig.

In Pretoria is die tweede ronde van die Tshwane Ope vir vroue gister op die Zwartkop-baan voltooi.

137 – Kiran Matharu (Engeland) 68 69

140 – Kim Williams           72 68

141 – Ashleigh Buhai          75 66

142 – Nicole Garcia            74 68, Monique Smit 70 72, Carrie Park (Suid-Korea) 70 72

143 – Mae Cornforth 74 69, Lee-Anne Pace 71 72, Monja Richards 71 72

Sewesrugby

Die vierde been van die Wêreldsewesreeks word dié naweek in Sydney gespeel.

Die Blitsbokke is in Groep A ingedeel vir die toernooi. Ons speel Saterdag teen Japan (02:20 SA tyd), Kenia (06:15 SA tyd) en dan teen Engeland (11:13 SA tyd).

Sesnasiesrugby

Die 2017-seisoen skop dié naweek af met drie wedstryde.

4          Skotland        v          Ierland           Murrayfield               16:25

4          Engeland      v          Frankryk         Twickenham             18:50

5          Italië             v          Wallis             Stadio Olimpico       16:00

Varsityrugby

Komende Maandag word die tweede ronde van die kompetisie gespeel.

6          UCT    v          CUT                16:45

6          UJ       v          Shimlas         18:30

6          Maties      v    Wits               18:30

6          Puk     v          Madibaz         19:00

Tennis

Die week fokus ons op die Davisbekerkompetisie waar Suid-Afrika die naweek teen Estland in Pretoria speel.

Sportafrigting

Die sogenaamde “The night of the coaches” fokus op afrigters wat ouers help met hul kinders se voorbereiding om te presteer op die sportveld. Voormalige sowel as huidige sportsterre, afrigters en spesialiste deel hulle kennis en ervaring.

15 Februarie: Grey Kollege in Bloemfontein

16 Februarie: Hoërskool Waterkloof in Pretoria

Sokker

In die Afcon-beker is die eerste halfeindwedstryd gisteraand gespeel.

Burkina Faso en Egipte het met een elk gelykop gespeel waarna Egipte die eindstryd gehaal het deur die doeluitskietstryd met 4-3 te wen.

Vanaand speel Kameroen teen Ghana (21:00).

Gisteraand se Engelse Premierliga-uitslae lyk so:

Manchester United  0 – 0    Hull City

Stoke City                  1 – 1    Everton

West Ham United    0 – 4    Manchester City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.