Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Bokafrigter, Alister Coetzee, het aangekondig dat Eben Etzebeth die Springbokke sal aanvoer op hul toer na Europa in November en Desember. Warren Whiteley is steeds op die krukkelys.
  • Die naweek se Curriebeker-aksie begin reeds vanaand. Vyf spanne sal dié naweek sake uitspook vir die drie oorblywende plekke in die halfeindstryd.
  • Dillyn Leyds is terug in die WP-span terwyl die twee Du Preez broers, Daniel en Jean-Luc vir die Haaie sal uitdraf.
  • Die Leeus het vier van sy bokke terug in die span. Hulle is Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Ross Cronje en Malcolm Marx wat op die bank is.
  • Die Vrystaat Cheetahs het hul Pro-14 spelers opgeneem in hul span onder aanvoering van Torsten van Jaarsveld.

Tennis

By die Shangai Meesters het die eerste gekeurde Rafael Nadal maklik na die kwarteind deurgedring. Hy het ʼn oorwinning van 6-3 en 6-1 oor Fabio Fognini behaal. Die tweede gekeurde Roger Federer het teen Alexandr Dolgopolov gespeel en met 6-4 en 6-2 geseëvier.

In die dubbelspel sal Suid-Afrika se Raven Klaasen en Rajeev Ram vandag in die kwarteindstryd speel. Kevin Anderson en sy spanmaat, Nenad Zimonjić, is egter uitgeskakel.

By die Hong Kong Ope vir vroue het die wêreld se voorste speler, Elina Svitolina, in die ronde van 16 kop uitgetrek ná ʼn besering. Die derde gekeurde Caroline Wozniacki moes ook die aftog blaas ná ʼn elmboogbesering.          

Gholf

  • In die CIMB Classic in Maleisië staan sake só na die eerste ronde:
  • In die Europese-reeks is die eerste ronde van die 74ste Italiaanse Ope voltooi.
  • In Suid-Afrika ding die spelers mee in die Vodacom-toernooi op Sishen.
  • By die Vroue-toernooi in Suid-Korea is die voorlopers op 66 houe na die eerste ronde:

Krieket

  • Bangladesj het gister in ʼn eendagkragmeting teen ʼn Suid-Afrikaanse uitnodigingspan in Bloemfontein gespeel.

Bangladesj     255 (48.1 / 50 bb)

SA XI              257/4 (46.3 / 50 bb) Aiden Markram het 82 van 68 balle gemoker.

Suid-Afrika se uitnodigingspan wen met 6 paaltjies met 21 balle oor.

Motorwedrenne

Die Moto GP van Japan word Sondag gejaag. Die kwalifiseringsronde om die wegspringrooster te bepaal sal môre afgehandel word.

Fietsry

Aanstaande jaar se Kaapstad Fietstoer sal op Saterdag 3 Maart plaasvind. Daar sal oor drie afstande meegeding word naamlik 20 km, 40 km asook oor 60 km.

Dis die 17de jaar dat dié wedren sal plaasvind.

Sokker

  • Die Engelse Premierliga word dié naweek hervat met sewe wedstryde wat môre gespeel

 

  • Cape Town City en SuperSport United pak mekaar môre in die MTN8-eindstryd in Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.