Vandag se sportnuus

Rugby

Ná afloop van die naweek se Curriebeker-wedstryde sal daar ʼn nuwe kampioenspan gekroon word. Die huidige kampioen, die Vrystaat Cheetahs, kon nie kwalifiseer vir die halfeindstryd nie.

Uitslae:

Tennis

By die Shanghai Meesters het die eerste gekeurde Rafael Nadal in die eindstryd pak gekry. Roger Federer het hom vir ʼn vyfde agtereenvolgende keer geklop. Die telling was 6-4 en 6-3.

By die Hongkong Ope vir vroue het Maria Sharapova haar eerste titel sedert haar skorsing verower. Sy het Aryna Sabalenka met 7-5 en 7-6 geklop.               

Motorwedrenne

Die Moto GP van Japan is gister op ʼn sopnat baan gejaag.

Krieket

  • Bangladesj het gister teen Suid-Afrika in Kimberley gespeel en die rekords het gespat.

Bangladesj 278/7 (50 bb) Rabada 4-43

Suid-Afrika  282/0 (42.5/50 bb) Quinton de Kock 168 lopies van 145 balle gemoker en Hashim Amla 110 van 112 balle. Dis persoonlike en gesamentlike rekords.

Suid-Afrika wen gemaklik met 10 paaltjies met nog 43 balle oor.

  • Vandag speel Pakistan en Sri Lanka in hul tweede eendagwedstryd in Abu Dhabi teen mekaar. Pakistan het die eerste wedstryd met 83 lopies gewen.
  • Op die plaaslike front begin daar vandag drie Sunfoil-meerdagwedstryde.

Gholf

By die CIMB Classic in Maleisië het sake só geëindig:

In die Europese reeks is die 74ste Italiaanse Ope voltooi. Tyrrel Hatton het sy tweede toernooi agtereenvolgens gewen met ʼn voëltjie op die laaste putjie.

In Suid-Afrika het die spelers meegeding in die Vodacom-toernooi op Sishen.

By die Vrouetoernooi in Suid-Korea het sake só geëindig:

Sokker

Van die naweek se Engelse Premierliga se uitslae lyk só:

Cape Town City en SuperSport United het mekaar in die MTN8-eindstryd in Durban gepak. Supersport is as die kampioenspan gekroon.

Cape Town City FC (2) 1 – 1 (4)    SuperSport United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.